Koolstofmonoksied
Koolstofmonoksied (CO) is 'n kleurlose, reuklose en smaaklose gas wat effens minder dig as lug is. Die gas is toksies vir mense as dit voorkom in konsentrasies wat groter is as 35 dele per miljoen (dpm). Koolstofmonoksied word vervaardig tydens die verbrandingsproses van binnebrandenjins. Daar gebeur steeds ongelukke daarmee soos wanneer 'n petrolopwekker in 'n klein ruimte gebruik word om stroom op te wek.[1]
Chemiese eienskappe
Koolstofmonoksied is 'n reduseermiddel. Dit kan bv. koper(II)oksied na koper reduseer:[2]
Verhitting van koolstofmonoksied met swaeldamp kan karbonielsulfied produseer:[3]
Met chloor kan òf met lig òf met 'n katalisator fosgeen gevorm word:[4]
Metaalkarboniele
Koolstofmonoksied kan met metale karbonielverbindings vorm soos nikkeltetrakarboniel Sjabloon:Chem, ysterpentakarboniel Sjabloon:Chem of chroomheksakarboniel Sjabloon:Chem. [5]Dit is verbindings van die metale in hulle oksidasietoestand nul. Hulle is molekulêre verbindings met lae smeltpunte. Die reaksie met nikkel verloop reeds teen temperature soos 50° C en nikkel is daarom nie geskik vir gebruik met gasse was CO bevat nie.
Nikkeltetrakarboniel is baie toksies, maar dit kan gebruik word om nikkel te suiwer.
Sien ook
Verwysings
Sjabloon:Saadjie Sjabloon:Oksiede Sjabloon:Normdata
- ↑ Sjabloon:Cite web
- ↑ Sjabloon:Cite book
- ↑ Sjabloon:Cite book
- ↑ Phosgene: And Related Carbonyl Halides Deel 24 van Topics in Inorganic and General Chemistry Sjabloon:Aut, Elsevier, 1996, ISBN 0080538800, ISBN 9780080538808
- ↑ Sjabloon:Cite journal