Dimetielselenied

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 17:38, 23 September 2023
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Dimetielselenied is 'n chemiese verbinding met die formule Sjabloon:Chem. Dit is die dimetiel-eter van waterstofselenied Sjabloon:Chem en dit is 'n vlugtige, kleurlose, stinkende vloeistof wat 'n sterk knoffelrige reuk het.

Die stof kan uit natriumselenied en 'n metielsulfaat vervaardig word volgens die reaksie:[1]

Na2Se+2CH3OSO3Na(CH3)2Se+2Na2SO4

Dit is in dieremodelle vasgestel dat seleen 'n kankervoorkomende werking het, maar die aktiewe vorme van die element is nie bekend nie, en die rol van hierdie verbinding is nie duidelik nie.[2]

Rotte wat met selenaat ingespuit is, stel die stof in hul asems vry en die organismes Scopulatiopis brevicaulis en Aspergillus niger doen dit ook wanneer selenaat of seleniet by hulle voeding gevoeg word.[3] Die stof speel 'n rol in die vervlugtiging van seleen uit die grond, omrede dit deur bakterieë vrygestel kan word.[4] In die atmosfeer het die molekule net 'n kort lewensduur (ure) omdat dit met hidroksiel- of nitraatradikale en osoon sal reageer.[5]Die stof word gebruik as standaard in 77Se – kernspinresonansie.[6]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. Selenium: Geobotany, Biochemistry, Toxicity, and Nutrition Sjabloon:Aut, Academic Press, 2013, ISBN 1-4832-7590-6, ISBN 978-1-4832-7590-1
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ncbi
  3. Biochemistry of Selenium, Deel 2 van Biochemistry of the Elements, Sjabloon:Aut, Springer Science & Business Media, 2012, ISBN 1-4684-4313-5, ISBN 978-1-4684-4313-4
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Spencer
  5. Sjabloon:Cite web
  6. The use of dimethyl selenide as a chemical shift reference in 77Se NMR spectroscopy, Sjabloon:Aut , Journal of Magnetic Resonance (1969), 52(2), April 1983, 318-322