Eter (chemie)

Eters is organiese verbindings wat deur 'n R-O-R’ funksionele groep gekenmerk word. Hulle vorm gebuigde molekule. Die R-O-R’-hoek is gewoonlik ongeveer 112 grade.
R en R’ kan dieselfde groep verteenwoordig soos in diëtieleter Sjabloon:Chem, wat die bekendste verteenwoordiger van hierdie klas verbindings is, maar hulle kan ook verskillend wees, soos in etielmetieleter Sjabloon:Chem. Hulle word tradisioneel met 'n agtervoegsel -eter na die twee groepe, byvoorbeeld R=etiel en R’=metiel genoem. Die huidige IUSTC-benaming beskou die kortste R-O- groep as 'n syketting en noem Sjabloon:Chem metoksi-etaan en Sjabloon:Chem etoksi-etaan.
Vervaardiging
Die eerste eter (diëtieleter of dikwels gewoon eter) was reeds in die Middeleeue bekend. Dit kan verkry word deur aan etanol met behulp van swawelsuur water te onttrek:
'n Ander sintesemetode gaan uit van 'n halogenoalkaan, byvoorbeeld metielbromied en 'n alkoksied (of alkanolaat) soos natriumetoksied (of -etanolaat):
Eienskappe
Die R-O-R funksionele groep besit 'n dipoolmoment, maar dit is taamlik klein. Eters is daardeur slegs matig polêr en gewoonlik goeie oplosmiddels vir organiese molekule. Afhanklik van die aard van die twee R-groepe is eters taamlik vlugtig en dikwels taamlik brandbaar. 'n Ander gevaar is dat eters wat aan die lug se suurstof blootgestel is stadig eterperoksiede kan vorm wat ontploffings kan veroorsaak.
Homoloë
Daar is verbindings van ander elemente van die suurstofgroep, swael, seleen en telluur wat as die eters se homoloë beskou kan word: die tioëters, selenoëters en telluroëters. Dimetielsulfied en dimetielselenied is goeie voorbeelde. Sjabloon:Chemiesaadjie