Karboksielsuur

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 15:29, 29 April 2024
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Asynsuur en -in blou- sy funksionele karboksielsuurgroep

'n Karboksielsuur is 'n organiese verbinding wat die karboksielfunksionele groep (Sjabloon:Chem) bevat.

Die bekendste karboksielsure is asynsuur (etanoësuur; R=Sjabloon:Chem-) en mieresuur (metanoësuur; R= H-). Mieresuur is ook die eenvoudigste karboksielsuur. Dit bevat mos net een koolstofatoom. Die proton van die -Sjabloon:Chem-groep het suur eienskappe. Asyn is hoofsaaklik 'n oplossing van asynsuur in water, waarin 'n suur-basis-ewewig optree:

CH3COOH+H2OCH3COO+H3O+

Die negatiewe lading op die asetaat-ioon CH3COO is oor die drie atome van die O-C-O-groep gedelokaliseer en dit stabiliseer hierdie ioon en verlaag sy basisiteit.

Poliprotiese sure

oksaalsuur

Dieselfde organiese molekuul kan meer as een karboksielsuurgroep bevat. Die eenvoudigste dikarboksielsuur is oksaalsuur.

Aminosure

'n Belangrike groep sure bevat naas die karboksielgroep ook 'n aminogroep (—Sjabloon:Chem). Hierdie stowwe word aminosure genoem.

Sien ook

Sjabloon:Chemiesaadjie