Nitriel

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 03:42, 29 April 2024 (Kategorie:Funksionele groepe bygevoeg (HotCat.js))
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog
'n Nitriel

Nitiele is organiese verbindings met 'n algemene formule R-C≡N.

Die nitrielgroep (-C≡N) is nouverwant aan die sianied-ion maar dit het 'n kovalente binding met die res (R-) van die organiese molekuul en dit verander die eienskappe. Sianiede is byvoorbeeld baie giftiger as nitriele. Die voorvoegsel siano- word nogtans dikwels as sinoniem vir die agtervoegsel -nitriel gebruik. Sianometaan en metaannitriel is dus albei Sjabloon:Chem. Die nitielgroep (-C≡N) het 'n driedubbelbinding nes die alkyne en het daardeur 'n lineêre vorm. 'n Verbinding wat uit twee nitielgroepe bestaan is sianogeen.

Vervaardiging

Nitriele kan uit halogenoalkane vervaardig word, byvoorbeeld:

RCH2Br+NaCNRCH2CN+NaBr

'n Ander sintese gaan uit van 'n amied:

RCONH2SOCl2RCN+SO2+HCl

Reaksies

Die elektronegatiwiteit van stikstof is hoër as koolstof s'n. Die gevolg daarvan is dat die koolstofatoom in -C≡N effens positief gelaai is en daardeur nes die karbonielgroep van ketone onderhewig aan elektrofiele aanvalle is.

Nitriele kan by verhitting met swawelsuur -met 'n amied as tussenstap- karboksielsure vorm:[1]

RCNH2SO4;ΔRCOOH

Sien ook

Verwysings

Sjabloon:Verwysings