Wolfram(VI)oksied
Wolfram(VI)oksied of wolframtrioksied is een van die oksiede van wolfram. Dit het 'n formule Sjabloon:Chem en is 'n baie onoplosbare, termies stabiele bron van wolfram vir die verwerking in glas, optiese en keramiese toepassings.[1] Dit kan in sterk basis opgelos word en wolframaat vorm.
Dit is 'n geel poeier wat ook as pigment gebruik word. Sjabloon:Chem is stabiel in waterige oplossings. Dit is 'n halfgeleier met 'n indirekte bandgaping van 2,7-2,8 eV. Dit absorbeer lig tot ongeveer 500 nm in golflengte. Sy mobiliteit vir hSjabloon:Sup-gate is ongeveer 150 nm, wat taamlik gunstig is. [2]
Struktuur
Die oksied het 'n struktuur wat van die kubiese Sjabloon:Chem- struktuur is afgelei en aan die perovskiet-struktuur verwant is. Wolfram is in 'n oktaëdriese omringing en die oktaëders deel hoeke met mekaar. Afhanklik van die temperatuur ondergaan die struktuur 'n reeks oorgange:[3]
| Temperatuur | Fase | Simmetrie |
|---|---|---|
| tot -43 °C | ε-Sjabloon:Chem | Monoklinies II |
| van -43 °C tot 17 °C | δ-Sjabloon:Chem | Triklinies |
| van 17 °C tot 330 °C | γ-Sjabloon:Chem | Monoklinies I |
| van 330 °C tot 740 °C | β-Sjabloon:Chem | Ortorombies |
| bo 740 °C | α-Sjabloon:Chem | Tetragonaal |
Substoigiometriese vorms
Sjabloon:Chem is die oksied met wolfram in sy hoogste oksidasietoestand, maar daar is ook laer substoigiometriese oksiede soos Sjabloon:Chem of Sjabloon:Chem. Sy struktuur het ook oktaëders wat rande deel, maar dit volg min of meer dieselfde reeks fase-oorgange. Hierde substoigiometriese vorm is 'n gemengdevalensieverbinding en kan in die vorm van nanodraadjies vervaardig word met baie interessant eienskappe.[3]
Slimvensters
Wolfram(VI)oksied is veral bekend as 'n materiaal wat elektrochromiese eienskappe vertoon en wat toepassing vind in 'slimvensters', vensters wat se kleur en deursigtigheid elektronies verander kan word. Hierdie eienskap is die gevolg van die feit dat Sjabloon:Chem interkalasie kan ondergaan onder invloed van 'n aangelegde elektrochemiese spanning. Die stof verander hierdeur van sy 'verbleekte' stoigiometriese vorm in 'n gekleurde interkalaat met gemengde oksidasietoestande, 'n sg. gemengdevalensieverbinding:[4]
Die geïnterkaleerde ione Sjabloon:Chem is gewoonlik Sjabloon:Chem, Sjabloon:Chem of Sjabloon:Chem. Die kleur is 'n gevolg van die teenwoordigheid van gemengde valensies Sjabloon:Chem en Sjabloon:Chem of -anders gesien- die teenwoordigheid van talle elektrone in die geleidingsband wat die stof tot 'n ontaarde halfgeleier maak.
Die elektrochromiese reaksie is omkeerbaar dus kan die optiese absorpsie-eienskappe soos 'n mens wil verander word. Hierdie eienskappe stel 'n mens in staat om 'n venster slim te laat reageer op die omstandighede buite, byvoorbeeld om die huis bedags teen baie helder sonlig te beskerm maar soggens en saans die lig toe te laat.
Verwysings
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedAM - ↑ Sjabloon:Cite book
- ↑ 3,0 3,1 Sjabloon:Cite journal
- ↑ Sjabloon:Cite journal