Wolframaat

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Eienskappe

Algemeen

Naam Wolframaat  
 
Termochemiese radius 2,37  Å [1] 
St. reduksiepotensiaal -1,060 [V][2][3] 
dEodT -1,36 [mV/K]
Lys van anione

'n Wolframaat of eintlik 'n ortowolframaat is 'n anorganiese verbinding wat die komplekse ioon Sjabloon:Chem bevat. Wolfram het hier sy hoogste oksidasietoestand W(VI). Die ioon het 'n tetraëdriese struktuur.

Wolframate is algemeen taamlik onoplosbaar. Oplossings wat die tetraëdriese Sjabloon:Chem-ioon bevat kan nogtans vervaardig word deur die suiwer wolfram(VI)oksied Sjabloon:Chem in oplossings van 2 M natriumhidroksied op te los. Barré et al.[4] het die spesies in oplossings met 0,2 - 1,0 M sulfaat met 4M swawelsuur getitreer en gevind dat die ortowolframaatioon stabiel is in basiese oplossings. By pH<7 word daar 'n neerslag van Sjabloon:Chem gevorm volgens:

WO42−+2H+⇋WO3↓+H2O

Hierdie reaksie is nogtans erg traag. Die produk bly aanvanklik as Sjabloon:Chem.nSjabloon:Chem in suspensie.

Ortowolframaat is in die Raman-spektrum herkenbaar aan sy absorpsie by 930 cm-1. Swakker bande verskyn by 830 en 320 cm-1. In die vastestof Sjabloon:Chem is bande by 925, 823, en 350 cm-1 gevind. Die verskille kan deur die verskille in koördinasie verklaar word.

Daar bestaan ook oligomere en polimere para-, iso-, meta- en poliwolframate, soos die natriumparawolframaat Sjabloon:Chem.28Sjabloon:Chem. Die ortowolframaatioon is nogtans waarskynlik die belangrikste oplosbare spesies vir die geologiese vorming van wolframminerale[5]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sien ook

  1. ↑ Thermochemical Radii of Complex Ions Sjabloon:Outeur Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
  2. ↑ Sjabloon:Webaanhaling
  3. ↑ WO42−+4H2O+6e−⇋W(s)+8OH−
  4. ↑ Chemical behavior of tungstate solutions. Deel 1. A spectroscopic survey of the species involved Sjabloon:Outeur U. Toulouse (2005) Spectrochimica Acta Part A: Molecular and Biomolecular Spectroscopy, vol. 6 (n° 4). pp. 551-557.
  5. ↑ Geological Survey Professional Paper, Issue 820 Geological Survey Professional Paper, Geological Survey (U.S.) U.S. Government Printing Office, 1949, bls. 670