Seewater

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Iwaqarhashmi op 14:48, 4 November 2024 ((GR) File renamed: File:WOA05 sea-surf DEN AYool.pngFile:Estimated annual mean sea surface pH for the 1700s (World Ocean Atlas 2005).png Criterion 2 (meaningless or ambiguous name))
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Die saliniteit van die oseane in psu

Seewater is water van 'n see of oseaan. Dit bedek amper 70% van die oppervlakte van die aarde. Dit is die tuiste van baie lewende organismes en is baie in beweging.

Korrosie

Dit is 'n baie korrosiewe medium wat die konstruksie van platforms, pyplyne, skepe, duikbote, fabrieke wat dit as koelmiddel gebruik, seewaterakwariums, ontsoutingsaanlegte ensomeer bemoeilik. Dit stel hoë eise aan konstruksiemateriale.[1] By petroleumontginning waar dikwele koolstofdioksied vrygestel word, is die vorming van ysterkarbonaat en verwante verbindings dikwels 'n probleem.[2] Daar is egter legerings met 'n goeie weerstand teen korrosie, soos monel.

Ontsouting

Sjabloon:Hoofartikel Varswater is skaars, veral in droë streke, terwyl seewater volop is, maar seewater kan gewoonlik nie pleks van varswater aangewend word nie. Dit bevat 3,5% opgeloste soute veral natriumchloried. Die soute kan vandag vir meer as 99,3% met omgekeerde osmose verwyder word en daar is kuste waar dit reeds aangewend word. Die outsouting gebruik 'n membraan en lê 'n druk van 23 bar op die seewater aan. Ongelukkig vir die drinkwatervoorsiening is dit nie goedkoop nie. 'n Tipiese outsoutingsfabriek lewer in 2015 varswater vir ongeveer $0,75-$1 (VSA) per kubieke meter.[3]

Die soute

Die samestelling van seewater is nie oral dieselfde nie. Seë soos die Middellandse See en Rooisee waar veel verdamping maar weinig reënval is, het hoër konsentrasies as die gemiddelde.[4]

Parameter Wêreldgemiddelde [mg/L] Middellandse See [mg/L] Wonthaggi, Australië [mg/L]
Chloried, Sjabloon:Chem 18.980 21.000–23.000 20.200
Natrium, Sjabloon:Chem 10.556 10.945–12.000 11.430
Sulfaat, Sjabloon:Chem 2649 2400–2985 2910
Magnesium, Sjabloon:Chem 1272 1371–1550 1400
Kalsium, Sjabloon:Chem 400 440–670 420
Kalium, Sjabloon:Chem 380 410–620 490
Waterstofkarbonaat, Sjabloon:Chem 140 120–161
Bromied, Sjabloon:Chem 65 45–69 62
Boraat, Sjabloon:Chem 26
Stronsium, Sjabloon:Chem 13 5–8 8
Fluoried, Sjabloon:Chem 1,0 1,2–1,6 0,9
Tot. Opgeloste stowwe 34.482 38.000–40.000

Seewater is oorversadig met betrekking tot die vorming van dolomiet, maar dit word vandag selde as neerslag gevorm, hoewel in die geologiese geskiedenis dit die volopste karbonaatneerslag was. Hierdie teenstrydigheid word die dolomietprobleem genoem.[5]

Die saliniteit

Die soutgehalte word dikwels uitgedruk in PSU (Practical Salinity Units) oftwel 1 PSU= 1 [g/kg].

In die verlede is die saliniteit dikwels bepaal deur titrasie van die chloorione wat teenwoordig is, maar dit het tot verskille tussen laboratoriums gelei. Dit word vandag bepaal deur die geleibaarheid van 'n seewatermonster te vergelyk met 'n standaardoplossing van kaliumchloried met 'n massafraksie van 32,4356 x 10-3. Die meting word verrig by T=15 °C and P=1 Atm. Die gemiddelde saliniteit van die oseane is 35,5 PSU.[6] In die Botniese Golf wissel dit egter van net 2,5 tot 4 PSU.[7] Die saliniteit is effens anders as die metings hierbo omdat elke ioon sy eie massa en sy eie beweeglikheid besit.

Die drievoudpunt

Die verandering van die dampdruk en die drievoudpunt van water

Die ewewigsdampdruk van water en die drievoudpunt van water verander afhanklik van die saliniteit.

Geleibaarheid

Seewater het 'n hoë elektriese geleibaarheid. Vergelyk:[8]

Soort geleibaarheid in μS/cm
suiwer water (sonder ione) 0,055
gedistilleerde water 0,5
reënwater 5-30
drinkwater 500-1000
grondwater 30-2000
seewater 54 000
gekonsentreerde sure en basisse tot 1 000 000

Digtheid

Seewater se digtheid aan die oppervlakte

Die digtheid van seewater word gewoonlik in kg/mSjabloon:Sup uitgedruk en dit word deur drie faktore bepaal:

  1. die saliniteit S, gewoonlik in kg sout per 1000 kg seewater, uitgedruk in promille ‰
  2. die temperatuur t, gewoonlik in °C
  3. die hoeveelheid gesuspendeerde materiaal (slib)

Die laaste faktor kan groot verskille in digtheid veroorsaak, maar is gewoonlik net dig by die kus naby riviermondings belangrik.

S in ‰ t= 0°C t= 10°C t=20 °C
0 999,8 999,7 998,2
20 1016,1 1015,3 1013,4
40 1032,0 1030,7 1028,5

Die digtheid kan tussen 0<S<40‰ en 0<t<20°C benader word met die formule:[9]

ρ=10000,0166*(t4+0,212*S)1,69+0,805*S

Water se digtheid het 'n anomalie. Dit bereik 'n maksimum by:

tρmaks=40,212*S °C

Omdat saliniteit 'n groter invloed het dan temperatuur kan seewater se digtheid in onderskeidbare lae verskillend wees. Die gelaagdheid kan stabiel wees maar daar is ook seisoensinvloede vanweë die anomalie. As in die najaar die bolaag kouer word as die water daaronder kan die bolaag begin om te sink en water van verskillende dieptes kan begin om te meng.[9] Maar as die bolaag onder die temperatuur tSjabloon:Sub sak, word die bolaag ligter as die lae daaronder, hou menging op en kan dryfys gevorm word.

Ander opgeloste stowwe

Daar is baie ander stowwe wat in seewater kan oplos en 'n rol in sy omgewing speel. Sommige is anorganies soos suurstof enstikstof, ander stowwe is biologiese metaboliete soos DMS of DMSP.

Afstandswaarneming

Daar is ook metodes om saliniteit vanuit 'n satelliet te bepaal. Vooruitgang in die radiometrie van die L-band van die mikrogolfgedeelte van die elektromagnetiese spektrum (1,4 GHz) het dit moontlik gemaak om met satelliete soos ESA se SMOS en NASA se Aquarius en SMAP die saliniteit van die boonste sentimeter van die oseaanwater deur afstandswaarneming vanuit die ruimte te bepaal. Hierdie gegewens is 'n aanvulling op die Argo-stelsel s'n wat dit in die oop oseaan doen. Dit is egter onmoontlik om die hele oppervlak van die oseane met hierdie metings dop te hou, maar hulle lewer 'n goeie vergelyking met die afstandwaarnemings.[10]

Hidrografie

Sjabloon:Hoofartikel

Die studie van wat onder die oppervlakte lê word hier op aarde gedoen en is die fokus van die hidrografie.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Normdata