Ysterkarbonaat
Sjabloon:Chemiekas2 Ysterkarbonaat is 'n sout van yster in sy +2 oksidasietoestand en koolsuur met formule Sjabloon:Chem. Dit is 'n onoplosbare bron van yster wat maklik in ander verbindings omgesit kan word. Verhitting lewer die yster(II)oksied:[1]
Kristalstruktuur
Ysterkabonaat kristalliseer in die romboëdriese kalsietstuktuur (G0Sjabloon:Sub in die Strukturbericht-klassifikasie)
Korrosie
In seewater is die vorming van ysterkarbonaat 'n belangrike korrosieprobleem. Koolstofdioksied los in seewater op en skek 'n effens sure oplossing wat die waterstofkarbonaatioon bevat. Dit oksideer yster en vorm die karbonaat, wat taamlik onoplosbaar is:[2]
By petroleumontginning word dikwels kooldioksied vrystel, wat hierdie probleem vererger. Die neerslae is nogtans nie altyd net yserkarbonaat (sideriet) nie maar dit kan ook ysterhidroksiedkarbonaat Sjabloon:Chem of chukanoviet Sjabloon:Chem of hidrate hiervan betref. Sideriet self vorm dikwels 'n afsluitende lagie wat die verder korrosieproses verhoed. Sulfaatreduserende bakterieë en metanogene Archaea bevorder egter die korrosieproses.
Verwysings
Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Karbonate
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedAE - ↑ Sjabloon:Cite book