Kaliumsianied

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 01:17, 17 Maart 2024
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Kaliumsianied is 'n sout van kalium en blousuur met formule Sjabloon:Chem.

Dit vervloei aan die lug. Dit is baie toksies deur oop wonde of deur inname. Dit kan effens na bitter amandels ruik en word gebruik vir silwer- en goudekstraksie. Ander aanwendings is in chemiese ontleding en as grondstof vir ander chemikalieë.[1]

Chemiese eienskappe

Dit hidroliseer in water en maak die oplossing basies.

K++CN+H2OK++HCN(aq)+OH

Hierdie oplossing is egter nie stabiel nie en kan verder ontleed na formiaat en ammoniak:[2]

KCN+2H2OHCOOK+NH3

Kaliumsianied kan verkry word deur potas (kaliumcarbonaat) saam met koolstof in 'n stroom van stikstof te verhit. Dit ontstaan ook by verhitting van Sjabloon:Chem.

K4Fe(CN)6hitte4KCN+Fe+2C+N2

Teen hoë temperature kan dit suurstof en swawel opneem en isosianaat en tiosianaat vorm.

Kristalstruktuur

Kaliumsianied het teen kamertemperatuur 'n wanordelike pseudokubiese struktuur, gebaseer op die NaCl-tipe kristalstruktuur. (Strukturbericht-klassifikasie B1) In hierdie struktuur beset die kaliumione die natriumposisies en die sianiedione die chloorione s'n. Hulle is lukraak verdeel oor 8 [111]-rigtings (die rigtings van die kubus se liggaamsdiagonale). Die sianiedioon besit egter 'n elektrise dipool en teen 168K raak hulle georden langs die ses [011]-rigtings van die kubiese sel en die simmetrie raak verlaag na ortorombies.[3] Die oorgang is 'n ferrodistortiewe faseoorgang van die eerste orde. Die nuwe struktuur het ruimtegroep Immm. Teen 83K vind opnuut 'n oorgang plaas na 'n antiferroëlektriese fase wat die ruimtegroep Pmnm besit.[4]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Normdata

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PubC
  2. Sjabloon:Cite book
  3. Sjabloon:Cite journal
  4. Sjabloon:Cite journal