Tiosianaat
|
Algemeen | |
|---|---|
| Naam | Tiosianaat |
| Termochemiese radius | 213 pm [1] |
| Lys van anione | |
'n Tiosianaat is 'n sout wat die anioon bevat of 'n organiese verbinding wat 'n funksionele groep bevat.
Die tiosianaatioon is 'n swakke basis; sy gekonjugeerde suur, tiosiaansuur of waterstoftiosianaat is 'n sterke suur en het 'n pKa van 1,1 by 20°C.[2]
Kaliumtiosianaat kan vervaardig word deur swawel in gesmelte kaliumsianied op te los:[3]
Kaliumsianaat is oplosbaar in water en die aanwesigheid van die tiosianaatioon kan aangetoon word deur toevoeging van 'n oplossing van :
Die ontstane yster(III)tiosianaatneerslag het 'n bloedrooi kleur.
Eienskappe
Dentisiteit
Die tiosianaatioon is 'n ambidentate ligand. Dit kan sowel met sy swawel- as met sy stikstofkant aan 'n metaalioon aanheg, hoewel die N-kant gerbuikliker is.
Optiese absorpsie
Tiosiaatoplossings is self kleurloos maar dit is 'n belanrike hulpmiddel in die spektrofotometrie. Komplekse met hierdie ioon is dikwel intens gekleurd en dit help baie om die absorpsie van lig waar te neem by kleine konsentrasies. Die ioon word veral gebruik vir die bepaling van Fe(III), Mo, W, Nb, Re, Co, U en Ti.[4]
Organiese tiosianate

Molekulêre verbindings wat 'n -funksionele groep bevat word ook tiosianate genoem.