Litiumaluminiumhidried

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 05:11, 11 Julie 2024
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Litiumaluminiumhidried (soms: litiumalanaat) is 'n gemengde hidried van litium en aluminium met formule Sjabloon:Chem.

Die suiwer verbinding is kleurloos maar deur aantasting deur vog in die lug sien dit meestal soos 'n grys poeier. Dit is 'n sterk reduseermiddel wat algemeen as reagens in die organiese chemie gebruik word.[1] Dit word soms LAH genoem.

Kristalstruktuur

Litiumaluminiumhidried kistalliseer in 'n monokliniese struktuur. Die aluminiumatome word deur 'n tetraëder van hidriedione omring. Litium word deur vier waterstofatome op 'n afstand van minder as 200pm gekoördineer met 'n vyfde op effens groter afstand.[2]

Chemiese eienskappe

Soos heelparty hidriede reageer dit heftig met sure en met water:

LiAlH4(s)+H2O(l)LiOH(+Al(OH)3+2H2(g)

Dit word vervaardig deur litiumhidried en aluminiumchloried te laat reageer:[1]

LiH+AlCl3LiAlH4+3LiCl

Dit reduseer karbonielgroepe tot alkohole in aldehiede, ketone, organiese suurchloriede en esters, maar dit laat C=C doubbelbindings onaangetas.[3]

H3CCHOH3O+LiAlH4H3CCH2OH

Sianiede word ook gereduseer en vorm amiene:

H3CCNH3O+2ekw.LiAlH4H3CCH2NH2

Met boortrifluoried in eter word litiumboorhidried gevorm:[4]

LiAlH4+BF3eterLiBH4+AlF3

Maar met oormaat boortrifluoried word diboraan gevorm:

3LiBH4+BF32B2H6+3LiF

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Hidriede

  1. 1,0 1,1 Sjabloon:Cite book
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Sklar
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named byjus
  4. Sjabloon:Cite book