Koper(II)fosfaat
Koper(II)fosfaat is 'n soutagtige verbinding met formule Sjabloon:Chem wat beskou kan word as die sout van koper in sy +2 oksidasietoestand met fosforsuur.
Dit is oplosbaar in ammoniumhidroksied en sure; enigsins oplosbaar in asetoon en onoplosbaar in etanol. Dit word as swamdoder en katalisator gebruik. As bron van koper aan kunsmis bygevoeg en dit word gebruik om korrosie deur fosforsuur te verhoed. Dit kan uit oplossings van Sjabloon:Chem en koper(II)sulfaat vervaardig word, maar die neerslae is dikwels hidrate of basiese hidrate. Die trihidraat het blou rombiese kristalle[1]
Kristalle van die watervrye fosfaat is vervaardig deur Sjabloon:Chem met CuO herhaaldelik te verhit teen 1000 °C en die produk hidrotermaal tot 450 °C onder 'n druk van 2-3 kbar in 'n oplossing van fosforsuur te verhit.[2]
Bamberger et al.[3] het gemeld dat die stof ook op ander maniere vervaardig kan word, soos:
of:
Die booroksied kan na afkoeling maklik verwyder word omdat dit in water oplos.
Watervrye koper(II)fosfaat is termies taamlik stabiel. Termogravimetriese eksperimente wys dat dit geen massa verloor tot 1020°C nie. Teen hierdie temperatuur begin dit om te smelt en te ontbind. Ontbindingsprodukte soos koper en koperfosfiede is aangetref. Dit beteken dalk dat suurstof vrygestel word.==Kristalstruktuur== Watervrye koperfosfaat kristalliseer in 'n trikliniese struktuur wat isomorfies is met die mineraal stranskiïet s'n (Sjabloon:Chem). Die forfaatione vorm effens verwronge tetraëders. Daar is twee koperposisies. Cu(I) lê op 'n inversiesentrum in 'n effens verwonge plat vierkante omringing met Cu-O-afstande 192,4 pm en 198,2 pm. Cu(II) het 'n onreëlmatige vyfvoudige koördinasie. Vier suurstofatome lê op 'n gemiddelde afstand van 196,5 pm en 'n vyfde op 226,5 pm.[2]
Verwysings
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedPC - ↑ 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedShoe - ↑ Sjabloon:Cite journal