Normaal kubieke meter

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 19:43, 3 November 2023
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Normaal kubieke meter is die eenheid waarin die volume van gasse, byvoorbeeld aardgas, uitgedruk word. Omdat gasse 'n spesifieke volume (uitgedruk in m3/kg) het wat afhang van druk en temperatuur, bereken 'n mens volume tot een volume by 'n voorafbepaalde druk en temperatuur.

Een normaal kubieke meter is die hoeveelheid gas, wat by "normale" temperatuur (0°C) en die "normale" druk (101.325 kPa) 'n volume van 1 kubieke meter (m3) beslaan.

Dit word geskryf as Nm3 of m3n.


Omskakeling van standaard kubieke voet na normaal kubieke meter

Standaard kubieke voet is die empiriese eweknie van normaal kubieke meter. Die definisie verskil egter.

  • 1 normaal kubieke meter = 1 m3 gas by 1 atmosfeer (101.326 kPa) en 0°C (0°C = 273.15 K)
  • 1 standaard kubieke voet = 1 vt3 gas by 1 atmosfeer en 60°F (60°F = 15.56°C = 15.56+273.15 = 288.71 K)
PV=nRT
V=kTP

Dus is volume direk eweredig aan temperatuur (absoluut) en indirek eweredig aan druk. Beide temperatuur en druk word gebruik in absolute eenhede - vir temperatuur moet Kelvin dus gebruik word.

Die verwysingsdruk vir scf en m3n is dieselfde (101.325 kPa), dus hoef druk nie omgeskakel word nie. Dus:

1 scf×(0.3048mvt)3×273.1515.56+273.15=0.026791 mn3

Kyk ook


Sjabloon:Saadjie