Standaardtemperatuur en -druk

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Dit is algemeen om die vloei of volume van gasse te rapporteur teen 'n sekere verwysingsdruk en -temperatuur.

Dit is omdat die volume van 'n gas baie sterk bepaal word deur die druk en temperatuur volgens die [[ideale gaswet]ː

PV=nRT⇒V=nRTP

As die vloei van gasse uitgedruk word in molvloei of massavloei is 'n verwysingsdruk en -temperatuur nie nodig nie.

Hierdie verwysingsdruk en -temperatuur word die standaardtemperatuur en -druk of die normaaltemperatuur en -druk genoem.

Hierdie verwysingsdruk en -temperatuur is egter nie internasionaal dieselfde nie.

Die volgende tabel gee tipiese verwysingsdrukke en -temperature:

Beskrywing Eenhede Druk Temperatuur Notas
Normaalkondisies Nm3 101.325 kPa (1 atm) 0°C (273.15 K) 1
Standaardkondisies - U.S. EPA / API Sm3 of scf 101.325 kPa 60°F (15.56°C) 2
Standaardkondisies - IUPAC (oud) Sm3 101.325 kPa 0°C 3
Standaardkondisies - IUPAC (nuut, na 1982) Sm3 100 kPa 0°C
Standaardkondisies - Aardgas industrie Sm3 101.325 kPa 15°C of 20°C

Notas

  1. Soms word 100 kPa gebruik. Soms word 60°F gebruik.
  2. "scf" staan vir die Engelse "standard cubic feet" of in Afrikaans, "standaard kubieke voet"
  3. Dieselfde as normaalkondisies


Termodinamika

In die termodinamika word ook met standaarde van druk en konsentrasie gewerk, maar die temperatuur word nie gestandaardiseer nie. Dit kan ook baie misleidend wees. In die tegnologie word gestandaardiseer vir praktiese redes. In die termodinamika om wiskundige redes. Daar is wiskundige redes om druk en konsentrasie te standaardiseer. Byvoorbeeld vir 'n gas kan die afhanklikheid van die Gibbs vrye energie van die druk uitgedruk word as: BB[1]

Ggas=Ggaso+RTlnP

Hierin verwys Ggaso na die Gibbs vrye energie by 'n arbitrêr gekiesde standaarddruk Po, wat egter nie nul kan wees nie, omdat in die formulisme RTlnP die druk deur die standaarddruk gedeel word. Dit maak P dimensieloos, maar dit werk nie as Po=0 is nie. Moontlike keuses is dus Po=1Atm, Po=1Pa, Po=1bar of Po=1psi en in die termodinamika is hulle almal aanvaardbaar, maar die keuse moet duidelik aangegee word.

In die ontwikkeling van die chemiese termodinamika word nêrens 'n dergelike wiskundige noodsaak vir standaardisasie van die temperatuur aangetref.

In die ouer literatuur word die o-superskrip van Po gewoonlik met 'n plimsoll O aangedui, wat beter weergee dat nul nie 'n moontlike keuse is nie.

Normaliseer volumevloeitempo

Die volumevloeitempo van 'n vloeier is 'n funksie van die digtheid van die vloeier: hoe laer die digtheid, hoe groter die volumevloeitempo. Gasse se digtheid word bepaal deur die druk en temperatuur van die gas en word soos volg uitgedruk (afgelei uit die ideale gaswet):

ρ=PMRT

Daarom is volumevloeitempo nie 'n goeie aanduiding van die hoeveelheid gas nie en is dit beter om na die massa (m) van die gas of die hoeveelheid mol (n) gas te verwys. 'n Alternatief is om die volumevloeitempo (V) te bereken by standaardkondisies (STD). Ons sê dat ons die vloeitempo normaliseer of dat ons die vloeitempo kompenseer vir druk en temperatuur. Dit word gedoen deur die ideale gaswet te gebruik.

Die hoeveelheid mol (n) gas bly dieselfde, ongeag die druk (P) en temperatuur (T) van die gas. Dus:

nn=n

waar voetskrif "n" verwys na die genormaliseerde of gekompenseerde waarde.

Indien die ideale gaswet geïnkorporeer word, word die volgende verkry:

PnVnRTn=PVRT

As R uitkanselleer, word die volgende formule verkry:

Vn=V⋅PPn⋅TnT

waar Pn = 101.325 kPa en Tn = 273.15 K

Die eenhede van die genormaliseerde/gekompenseerde volumevloeitempo word geskryf as Nm3/h of m3n/h en word uitgespreek as "normaal kubieke meter per uur".

Soos reeds gesê is hierdie baie misleidend: Ons sê dat ons die vloeitempo normaliseer, maar ons gebruik standaardkondisies, nie normaalkondisies nie.

By standaardtemperatuur en -druk (STP) is 1 kmol gas gelyk aan 22.413 m3:

PV=nRT

101.325 kPa⋅V m3=n kmol⋅8.3145 kPa.m3/(kmol.K)⋅273.15 K

Dus is 1 kmol gas:

Vn=1⋅8.3145⋅273.15/101.325=22.414 Nm3 (mn3)

SI vs Imperiale eenhede

Die volgende tabel vergelyk die normaal kondisies by SI eenhede en die standaard kondisies by Imperiale eenhede vir 1 kmol = 2.205 lbmol gas.

Beskrywing SI eenhede Imperiale eenhede
Normaal Standaard Eenhede Imperiaal Eenhede
Mol (n) 1 1 kmol 1/0.453592 = 2.205 lbmol
Druk (P) 101.325 101.325 kPa 14.696 pvd
Temperatuur (T) 0 + 273.15 = 273.15 15.56 + 273.15 = 288.71 Kelvin 60 + 459.67 = 519.67 °R
Gaskonstante (R) 8.3145 8.3145 kPa.m3/(kmol.K) 10.7316 (pvd.vt3) / (lbmol.°R)
Volume: V = nRT / P 22.414 23.691 m3/kmol 836.619 vt3/2.205 lbmol
Volume per mol: V/n = RT / P 22.414 23.691 m3n/kmol 379.484 vt3n/lbmol

Wanneer standaard kubieke voet omgeskakel wil word na normaal kubieke meter:

22.414 m3 = 836.619 vt3
As jy links en regs met 836.619 deel, dan:
0.026791 m3 = 1 vt3

Dit kan ook soos volg in een stap uitgewerk word

(1×8.3145×(0+273.15)101.325)÷(1/0.453592×10.7316×(60+459.67)14.696)=0.026791

Kyk ook

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Saadjie

Sjabloon:Normdata