Molibdeensuur

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 19:53, 10 Mei 2024
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Molibdeensuur is 'n verbinding van molibdeen in sy hoogste 6+ oksidasietoestand met formule Sjabloon:Ch2

Die suiwer stof is 'n vastestof, wat ook as hidraat Sjabloon:Ch2 bekend is. Sy anhidried is molibdeen(VI)oksied. Molibdeensuur en sy monohidraat kan ook as hidrate van molibdeen(VI)oksied beskou word: Sjabloon:Ch2 en Sjabloon:Ch2. Sy soute soos natriummolibdaat heet molibdate.

Maar die chemie van molibdeen in waterige oplossings, veral by verhoogde temperature en druk, was in 2010 nog taamlik swak bekend. Die waterige geochemie van molibdeen is nogtans ook by kamertemperatuur van geologiese belang gegewe die gebruik van molibdeen-isotope en hul fraksionering in die afbakening/opsporing van redokstoestande in omgewings van die paleo-Aarde se oppervlak.[1]

Kristalstruktuur

Struktuur van die monohidraat

Sjabloon:Ch2 kristalliseer in 'n trikliniese struktuur. Dit is opgebou uit geïsoleerde dubbele kettings van sterk verwronge [[[:Sjabloon:Ch2]]]-oktaëders wat twee gemeenskaplike rande met mekaar deel.[2]

Die hidraat Sjabloon:Ch2 (oftewel Sjabloon:Ch2) kristalliseer in 'n monokliniese struktuur (P2Sjabloon:Sub/n met Z=16 en selkonstantes a=1047,6(5)pm; b=1382,2(6)pm; c=1060,6(5)pm en Sjabloon:Beta 92,62 °. Die molibdeenatome word deur sterk verwronge oktaëders van vyf oksiedsuurstofatome en een watermolekule omring. Die ander watermolekule is los van die molbdeenatoom en net met waterstofbindings verbind, wat die beskrywing as 'n monohidraat Sjabloon:Ch2 bevestig. Die oktaëders deel hoekpunte en vorm lae ewewydig aan die b-as (010). Die hidraatwatermolekule word tussen hierdie lae aangetref.[3]

Chemiese eienskappe

In water is dit 'n taamlik swak diprotiese suur:[1]

H2MoO4+H2OHMoO4+H3O+pKa1=3,93 (30 C)
HMoO4+H2OMoO42+H3O+pKa2=4,37 (30 C)

Teen 100 °C word die eerste ionisasie sterker (pKaSjabloon:Sub= 2,27), maar die tweede swakker (pKaSjabloon:Sub= 4,99)

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. 1,0 1,1 Sjabloon:Cite journal
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Oswald
  3. Sjabloon:Cite journal