Molibdeen(VI)oksied
Molibdeen(VI)oksied of molibdeentrioksied is 'n verbinding van molibdeen in sy hoogste +6 oksidasietoestand met formule Sjabloon:Ch2.
Dit kom in die natuur voor as die mineraal molibdiet[1]
Kristalstruktuur
Molbdeen(VI)oksied kristalliseer in 'n gelaagde ortorombiese struktuur wat die argetipe van die D0Sjabloon:Sub-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die lae bestaan uit effens verwronge Sjabloon:Ch2-oktaëders bestaan. Die Mo-O afstande wiseel van 180 tot 235 pm.[2] Dit kan beskou word as gevorm uit Sjabloon:Ch2-agtige kettings, met rand- en hoekpunt-delende Sjabloon:Ch2-oktaëders wat 'n geboë laag vorm. Hierdie lae word geskei deur 'n ware vanderwaalsgaping en die oksied ondergaan 'n volledige reeks topotaktiese redokschemie soortgelyk aan dié wat die metaaldikalkogeniede soos molibdeendisulfied vertoon. Sjabloon:Ch2 kan interkaleer en sal ook redelik groot organometaalgaste akkommodeer.[3]

Die ortorombiese Sjabloon:Alfa-Sjabloon:Ch2-modifikasie is die stabiele fase, maar daar is ander strukture wat bekend is. Parise et al. rapporteer 'n monokliniese fase Sjabloon:Beta'-Sjabloon:Ch2 wat verkry kan word deur die fase Sjabloon:Ch2 in suurstof te verhit. Dit het 'n struktuur wat van die ReO3-struktuur afgelei is. Daar is ook 'n heksagonale fase met P6Sjabloon:Sub/m en a = 1052,7(1) pm, c = 372,45(7) pm. Dit is egter 'n hidraat Sjabloon:Ch2 wat uit 'n ammoniaat-hidraat Sjabloon:Ch2 verkry kan word.[4]
Chemiese eienskappe
Daar is twee hidrate bekend: Sjabloon:Ch2 en Sjabloon:Ch2.[5] Dit word ook molibdeensuur genoem en kan as Sjabloon:Ch2 en Sjabloon:Ch2 geskryf word. Sjabloon:Ch2 kan as die suuranhidried beskou word.
Dit los goed op in oormaat basis en vorm molibdate, soos natriummolibdaat.
Dit is ook oplosbaar in koningswater of 'n mengsel van salpeter- en swaelsuur.