Abelse kategorie

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

'n Abelse kategorie is in wiskunde 'n kategorie waarin morfismes en objekte bymekaar gevoeg kan word en waarin kerne en kokerne bestaan en gewenste eienskappe besit. Die motiverende prototipe voorbeeld van 'n abelse kategorie is š€š›, die kategorie van abelse groepe. Die teorie het sy oorsprong in 'n tentatiewe poging deur Alexander Grothendieck om vele kohomologieteorieĆ« te verenig. Abelse kategorieĆ« is baie stabiel as kategorieĆ«; hulle is byvoorbeeld reĆ«lmatig en hulle bevredig die slangelemma. Die klas van abelse kategorieĆ« is geslote onder 'n aantal kategoriese konstruksies; die kategorie van kettingkomplekse van 'n abelse kategorie, of die kategorie van funktors van 'n klein kategorie tot 'n abelse kategorie is byvoorbeeld ook abels. Hierdie stabiliteitseienskappe maak hulle onvermydelik in onder andere homologiese algebra; die teorie het belangrike toepassings in algebraĆÆese geometrie, kohomologie en suiwere kategorieteorie. Abelse kategorieĆ« is vernoem na die Noorse wiskundige Niels Henrik Abel

Definisies

'n Kategorie is abels wanneer:

Hierdie definisie is ekwivalent[1] aan die volgende stuksgewyse definisie:

Let wel dat die verrykte struktuur op hom-versamelings 'n gevolg is van die drie aksiome van die eerste definisie. DĆ­t beklemtoon die fundamentele relevansie van die kategorie van abelse groepe in die teorie en sy kanonieke aard.

Die konsep van presiese reeks kom natuurlik in hierdie opset na vore en dit blyk dat presiese funktors, d.i. die funktors wat presiese reeks in verskeie opsigte preserveer, is die relevante funktors tussen abelse kategorieƫ. Hierdie konsep van presiesheid is in die teorie van presiese kategorieƫ geaksiomatiseer, wat dit 'n spesiale geval van reƫlmatige kategorieƫ maak.

Voorbeelde

  • Soos hierbo genoem, is die kategorie van alle abelse groepe 'n abelse kategorie. Die kategorie van alle eindig gegenereerde abelse groepe is ook 'n abelse kategorie; so-ook is die kategorie van alle eindige abelse groepe.
  • Indien R 'n ring is, dan is die kategorie van alle links- of regsmodule oor R 'n abelse kategorie. Trouens, dit kan gewys word dat enige klein abelse kategorie ekwivalent is aan 'n volle subkategorie van só 'n kategorie van module (Mitchell se insluitingsstelling).
  • Indien R 'n links-noetherse ring is, dan is die kategorie van eindig gegenereerde linksmodule oor R abels. In die besonder is die kategorie van eindig gegenereerde module oor 'n noetherse kommutatiewe ring abels; op hierdie wyse verskyn abelse kategorieĆ« in kommutatiewe algebra.
  • As spesiale gevalle van die twee vorige voorbeelde: die kategorie van wektorruimtes oor 'n vasgemaakte veld K is abels; so-ook is die kategorie van eindig dimensionele wektorruimtes oor K.
  • Indien X 'n topologiese ruimte is, dan is die kategorie van alle (reĆ«le of komplekse) wektorbundels op X nie noodwendig 'n abelse kategorie nie, aangesien daar monomorfismes kan wees wat nie kerne is nie.
  • Indien X 'n topologiese ruimte is, dan is die kategorie van alle gerwe van abelse groepe op X 'n abelse kategorie. In die algemeen is die kategorie van gerwe van abelse groepe op 'n Grothendiek-gebied 'n abelse kategorie. Op hierdie wyse verskyn abelse kategorieĆ« in algebraĆÆese topologie en algebraĆÆese geometrie.
  • Indien š‚ 'n klein kategorie en š€ 'n abelse kategorie is, dan is die kategorie van alle funktors van š‚ na š€ 'n abelse kategorie. Indien š‚ klein en preadditief is, dan is die kategorie van alle additiewe funktors van š‚ na š€ ook 'n abelse kategorie. Laasgenoemde is 'n veralgemening van die R-moduulvoorbeeld, aangesien 'n ring as 'n preadditiewe kategorie met 'n enkele objek beskou kan word.

Grothendieck se aksiome

In sy TĆ“hoku-artikel lys Grothendieck vier bykomende aksiome (en hul duale) wat 'n abelse kategorie š€ mog veragsaam. Hierdie aksiome is vandag nog in algemene gebruik. Hulle is die volgende:

  • (AB3) Vir elke versameling Ai van objekte van š€ bestaan die koproduk *Ai in š€ (d.i. š€ is kovolledig).
  • (AB4) š€ bevredig (AB3) en die koproduk van 'n familie van monomorfismes is 'n monomorfisme.
  • (AB5) š€ bevredig (AB3) en gefiltreerde kolimiete van presiese reekse is presies,

en hul duale:

  • (AB3*) Vir elke versameling Ai van objekte in š€ bestaan die produk šš€i in š€ (d.i. š€ is volledig).
  • (AB4*) š€ bevredig (AB3*) en die produk van 'n familie van epimorfismes is 'n epimorfisme.
  • (AB5*) š€ bevredig (AB3*) en gefiltreerde limiete van presiese reekse is presies.

Aksiome (AB1) en (AB2) is ook gegee. Dit is hulle wat 'n additiewe kategorie abels maak. Spesifiek:

  • (AB1) Elke morfisme het 'n kern en 'n kokern.
  • (AB2) Vir elke morfisme f is die kanonieke morfisme coimfimf 'n isomorfisme.

Grothendieck het ook aksiome (AB6) en (AB6*) aangegee.

ElementĆŖre eienskappe

Gegewe enige paar A, B van objekte in 'n abelse kategorie is daar 'n spesiale nulmorfisme van A na B. DĆ­t kan gedefinieer word as die nulelement van die hom-versameling Hom(A,B), aangesien dit 'n abelse groep is. Dit kan alternatief as die unieke komposisie A0B gedefinieer word, waar 0 die nulobjek van die abelse kategorie is.

In 'n abelse kategorie kan elke morfisme f as die komposisie van 'n epimorfisme gevolg deur 'n monomorfisme geskryf word. Hierdie epimorfisme word die kobeeld van f genoem, terwyl die monomorfisme die beeld van f genoem word.

Subobjekte en kwosiƫntobjekte is goed gedraend in abelse kategorieƫ. Die parsiƫle geordende versameling van subjobekte van enige gegewe objek A is byvoorbeeld 'n begrensde rooster.

Elke abelse kategorie š€ is 'n moduul oor die monoĆÆdale kategorie van eindig gegenereerde abelse groepe; dit is, ons kan 'n tensorproduk van 'n eindig gegenereerde abelse groep G en enige objek A van š€ vorm. Die abelse kategorie is ook 'n komoduul; Hom(G,A) kan as 'n objek van š€ geĆÆnterpreteer word. Indien š€ volledig is, kan ons die vereiste dan G eindig gegenereerd is, verwyder; ons kan in die algemeen finitĆŖre verrykte limiete in š€ vorm.

Verwante konsepte

Abelse kategorieƫ is die algemeenste opset vir homologiese algebra. Al die konstruksies wat in daardie veld gebruik word, soos presiese reekse en veral kort presiese reekse en afgeleide funktors, is relevant. Belangrike stellings wat in alle abelse kategorie van toepassing is, sluit in die vyflemma (en die kort vyflemma as spesiale geval), asook die slangelemma (en die negelemma as 'n spesiale geval).

Geskiedenis

Abelse kategorieƫ is deur Buchsbaum (1955, onder die naam "presiese kategorie") en Grothendieck (1957) bekendgestel om verskeie kohomologieteorieƫ te verenig. Ter tyde was daar 'n kohomologieteorie vir gerwe en 'n komologieteorie vir groepe. Die twee is verskillend gedefinieer, maar hulle het eenderse eienskappe besit. Trouens, 'n groot gedeelte van kategorieteorie is ontwikkel as 'n taal om hierdie ooreenkomste te bestudeer. Grothendieck het die twee teorieƫ verenig: hulle beide verskyn as afgeleide funktors op abelse kategorieƫ, as die abelse kategorie van gerwe van abelse groepe op 'n topologiese ruimte, en as die abelse kategorie van G-module vir 'n gegewe groep G.

Verwysings

  1. ↑ Peter Freyd, Abelian Categories