Alnair
Alnair (ook bekend as Alpha Gruis of α Gru) is ’n ster in die suidelike sterrebeeld Kraanvoël (Grus). Met ’n skynbare magnitude van 1,7 is dit die helderste ster in die sterrebeeld en een van die helderste sterre aan die naghemel. Dit is ’n B-tipe hoofreeksster sowat 101 ligjare van die Son af.
Naam
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Gruis". Sy tradisionele naam is "Alnair" of "Al Nair" (soms "Al Na'ir" gespel),[1] van die Arabiese al-nayyir, "die helder een", wat weer verkort is van sy Arabiese naam, al-nayyir min dhanab al-ḥūt (al-janūbiyy), "die helder een van die (suidelike) vis se stert".[2] Op 21 Augustus 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[3] die amptelike naam Alnair aan die ster toegeken.[4]
Alpha Gruis behoort saam met Beta Gruis, Delta Gruis, Theta Gruis, Iota Gruis en Lambda Gruis in die tradisionele Arabiese sterrekunde tot die sterrebeeld Suidelike Vis.[5]
Eienskappe
Alnair het ’n sterreklassifikasie van B6 V,[6] hoewel dit in sommige bronne aangegee word as B7 IV.[7] Die eerste klassifikasie dui aan dit is ’n B-tipe hoofreeksster, wat waterstof in sy kern verbrand. Die ligsterkteklas IV van die tweede klassifikasie dui egter aan dat die ster ’n subreus is, wat beteken die vooraad waterstof in sy kern raak uitgeput en die ster begin weg van die hoofreeks af evolueer.
Alnair se radius is 3,4 sonradiusse.[8] Dit roteer vinnig, teen sowat 215 km/s.[9] Sy massa is omtrent 4 sonmassas en sy ligsterkte is sowat 520 keer dié van die Son.[10] Sy oppervlaktemperatuur is 13 920 K[11] en dit het sowat 74% van die metaalinhoud van die Son (elemente swaarder as waterstof en helium).[12]
Volgens sy geraamde ouderdom en beweging kan dit lid van die AB Doradus-groep sterre wees wat saam deur die lug beweeg. Dié groep is sowat 70 miljoen jaar oud,[13] wat ooreenstem met Alnair se geraamde ouderdom van 100 miljoen jaar.[14]
Verwysings
Eksterne skakels
- Sjabloon:Citation
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "Bowditch". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "kunitzsch_smart2006". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "WGSN". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "IAU-CSN". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "allen1963". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "aj132_1_161". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "mnras389_2_869". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "lang2006". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "aaass43_427". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "aj143_6". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "aaa501_1_297". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "aaa404_689". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "apj732_2_61". - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs named "apj653_1_675".