Aluminiumnitried

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Aluminiumnitried is 'n verbinding van aluminium en stikstof met die chemiese formule Sjabloon:Chem.

Kristalstruktuur

Die stabiele fase onder kameromstandighede het die heksagonale wurtziet-struktuur (B4 in die strukturbericht-klassifikasie). Daar is ook 'n metastabiele β-AlN-fase wat die sfaleriet-struktuur het (B3).[1]

Fisiese eienskappe

Dit is 'n meganies harde materiaal met 'n hoë smeltpunt en 'n baie hoë termiese geleibaarheid (320 W/mK).[2] Die elektriese geleibaarheid is baie laag. α-AlN het 'n indirekte bandgaping van 6,2 eV wat die materiaal deursigtig maak in 'n groot deel van die ultravioletdeel van die elektromagnetiese spektrum.[1]

Chemiese eienskappe

Die stof is gevoelig vir suurstof.[1] AlN hidroliseer in water, maar teen 'n pH<7 vind die reaksie baie stadig plaas. Teen 'n hoër pH vind 'n hidrolisereaksie plaas wat ammoniak vrystel en die nitried in oplossing laat:[2]

AlN+NaOHNaAl(OH)4(aq)+NH3
ΔrH=175kJ
ΔrG=206kJ

AlN word gewoonlik vervaardig deur karbonitridering van Sjabloon:Chem. Dit verg egter baie hoë temperature en onsuiwerhede in die alumina en die koolstof wat gebruik word neig om in die nitriedpoeier tereg te kom. Hierdie poeiers moet nog verdig word deur sintering of warmpers.[3]

Gebruike

Die ontwikkeling van AlN-keramiekmateriale is grootliks weens die vraag na materiaal met 'n hoë termiese geleidingsvermoë, maar wat ook 'n elektriese isolator is. Hierdie kombinasie is belangrik vir toepassings soos substrate en omhulsels in hibriede stroombane, kragelektronika of mikrogolfbuise.[3]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Nitriede