Ammoniumchloried

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Lêer:Bildung von Ammoniumchlorid.ogv Ammoniumchloried is die ammoniumsout van soutsuur. Dit het die formule Sjabloon:Chem.

Die stof kan 'n rook van vastestofdeeltjies vorm indien soutsuurgas en ammoniak in die gasfase gemeng word

HCl(g)+NH3(g)NH4Cl(s)

Kristalstrukture

Ammoniumchloried het 'n kubiese kristalstruktuur met 'n sesiumchloried (CsCl)-tipe struktuur. In hierdie struktuur beset 'n ammoniumkatioon Sjabloon:Chem die posisie van die sesiumioon in 'n kubus van chloriedione. Die ammoniumioon is egter nie sferies nie maar tetraëdries. Bo 242K is daar wanorde in die oriëntasie van die ioon. Die waterstofatome wys na vier van die 8 chloorione en dit kan op twee maniere gedoen word. Bo 242K is die ione wikkelkeurig verdeel oor die twee oriëntasies. By 242K vind 'n λ-oorgang plaas waarby die ammoniumione meer georden word. Die temperatuur van die λ-oorgang is redelik afhanklik van die druk. Onder 'n druk van 10 kbar het die λ-oorgang na 'n temperatuur van 308K verskuif.[1]

By hoë temperature (456 K) tree 'n ander fase-oorgang op. Dit is 'n eersteordeoorgang van die CsCl-tipe na die NaCl-tipe, met 'n ammoniumkatioon in 'n oktaëder van chloriedione.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Saadjie Sjabloon:Chloriede Sjabloon:Normdata

  1. Molecular Dynamics of the Phase Transition in Compresible Ammonium Chloride Sjabloon:Aut Aust. J. Phys. 1984, 37, 667-74