Ammoniumnitraat

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Ammoniumnitraat is 'n sout met samestelling Sjabloon:Chem. Dit bevat stikstof in beide die oksidasietoestand -3 (in die ammoniumioon Sjabloon:Chem) en +5 (in die nitraat-ioon Sjabloon:Chem). Hierdeur is hierdie verbinding in staat om 'n outoredoks-reaksie te ondergaan waarin die nitraat as oksidasie- en die ammonium as reduksiemiddel optree.

Plofstof

Die Port Neal-kompleks ná die ontploffing

Hierdie reaksie maak van die stof 'n plofstof.

NH4NO3(l)N2O(l)+2H2O(l)

Hierdie reaksie is eksoterm en tree op wanneer die sout gesmelt word. In klein hoeveelhede wat nie ingesluit word nie lei dit nogtans nie tot ontploffings nie, omdat daar ook 'n endotermiese reaksie kan plaasvind wat die ontwikkelde hitte absorbeer:

NH4NO3(l)NH3(g)+HNO3(g)

Hierdie reaksie beperk die temperatuur van die smelt tot 230 - 260 °C en verhoed 'n ontploffing. Indien die smelt ingesluit word en die druk kan toeneem word die ewewig gedwing om na links te skuif en sal die temperatuur styg en ontstaan daar 'n ontploffing.[1] Daar is voorbeelde van sulke ontploffings in die nywerheid soos in Port Neal, naby Sioux City in Iowa (VSA) (op 13 Desember 1994) en die ontploffing in Beiroet se hawe op 4 Augustus 2020.

Kunsmis

Hoewel ammoniumnitraat 'n gewilde plofstof is wat dinamiet amper vervang het, het die stof 'n ander belangrike aanwending: dit is 'n belangrike vorm van kunsmis omdat plante beide ammonium en nitraat benodig.

Kristalstrukture

Ammoniumnitraat (AN) het by 1 Atm vyf polimorfiese fases.: [2]

Fase Temperatuur Simmetrie Ruimtegroep Eenheidsel
AN-I 125 °C tot smelt kubies Pm3m a=4,40
AN-II +84,10 °C tot +125,2 °C tetragonaal PSjabloon:Bostreep2Sjabloon:Subbm a = 5.7193 A; c = 4.9326 A, Z = 2
AN-III +32.23 °C tot +84,10 °C ortorombies Pbnm a=7,06 b=7,66 c=5,80
AN-IV -17 °C tot +32.23 °C ortorombies Pmmn a=5,724; b=5,455; c=4,945
AN-V tot -17 °C heksagonaal a=5,75; c=15,9

Die AN-I-struktuur is 'n statistiese weergawe van die CsCl-struktuur (B1). Die ander strukture is gebaseer op 'n vervorming van die CsCl-struktuur, behalwe AN-III wat van die [[nikkelien#Kristalstruktuur|NiAs-tipe (B8Sjabloon:Subb)]] afgelei is.[3]

Onder hoë druk is daar nog AN-VI en AN-VII gevind. Hierdie rykdom aan strukture weerspieël die feit dat die ione waaruit die rooster opgebou is, nie die vorm van 'n sfeer het nie.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Nitrate Sjabloon:Normdata

  1. Sjabloon:Webaanhaling
  2. Sjabloon:Webaanhaling
  3. Growth of ammonium nitrate phase I and II dendrites. Sjabloon:Outeur Journal of Crystal Growth 128(1–4), 1 Maart 1993, bls. 229-233