Ammoniumsulfied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Ammoniumsulfied Sjabloon:Chem is 'n sout van ammoniak en waterstofsulfied.

Die verbinding kan as kleurlose kristalle verkry word deur by lae temperature (-18°C) droë ammoniakgas en droë waterstofsulfiedgas te meng. Hierdie kristalle en hulle oplossings in water word vinnig geel deur oksidasie van die sulfiedioon tot die disulfiedioon:[1]

O2(g)+4(NH4)2S2H2O+2(NH4)2S2+4NH3

Hoër sulfiede soos Sjabloon:Chem kan by verdere oksidasie of toevoeging van swawel ook gevorm word. 'n Ammoniumsulfiedoplossing kan swawel in oplossing doen gaan maar ook sulfiede soos tin(IV)sulfied:[2]

SnS2(s)+(NH4)2S(aq)(NH4)2SnS3(aq)

By kamertemperatuur is die vastestof in ewewig met die gasvormige suur en basis waarvan dit 'n sout is:

(NH4)2S(s)2NH3(g)+H2S(g)

Die vastestof ontbind reeds by kamertemperatuur. Sy dampdruk by 20°C is reeds 600hPa (~0,6 Atm)[3]

Die stof is goed oplosbaar in water, maar die ioon Sjabloon:Chem is 'n baie sterkbasis en ondergaan hidrolise:

S2+H2OHS+OH

Die oplossing bevat dus die ione 2Sjabloon:Chem, Sjabloon:Chem en Sjabloon:Chem.

Die suiwere vastestof is baie brandbaar en onstabiel en die stof word gewoonlik as oplossing in water verkoop. Die oplossing is sterk basies (pH=9,5 in 45% oplossing). Die verbinding kan met 'n ontploffing reageer met oksiderende stowwe soos perchloraat, peroksied, permanganaat, chloraat, nitraat, chloor, broom en fluoor. Dit reageer met sterk sure en stel daarby toksiese waterstofsulfiedgas vry. Dit reageer met sterk basisse en stel ammoniak vry. Dit korrodeer koper, sink en hulle legerings.

Struktuur

Op planete soos Uranus en Neptunus kom dit saam met ammoniumwaterstofsulfied Sjabloon:Chem in wolke in die laer dampkring voor. Berekenings voorspel dat Sjabloon:Chem 'n anti-fluorietstruktuur sal hê met ruimtegroep FmSjabloon:Bostreepm met ammoniumione op die fluoorione se plek, en sulfiedione op kalsiumione s'n.[4]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Saadjie Sjabloon:Sulfiede Sjabloon:Normdata