Bariumkarbonaat
Sjabloon:Chemiekas2 Bariumkarbonaat is 'n sout van barium en koolsuur met die formule Sjabloon:Ch2.
Dit kom in die natuur as die mineraal witheriet voor. Dit word gebruik in rottegif, bakstene, keramiekglasure en sement.[1]
Kristalstruktuur
Bariumkarbonaat kristalliseer in die ortorombiese aragoniet-struktuur. (G0Sjabloon:Sub in die strukturbericht-klassifikasie).[2] Bariumkarbonaat het twee hoëtemperatuurmodifikasies. Teen 800 °C gaan dit oor in 'n romboëdriese kalsietstruktuur (G0Sjabloon:Sub). Die oorgangsentalpie is 18,79 [kJ/mol]. Teen 970 °C word die struktuur kubies (ΔH= 30,54 [kJ/mol]). Hierdie kubiese fase het dalk die Sjabloon:Ch2-I-struktuur. Die posisies van die karbonaatione vertoon wanorde.[3]
Chemiese eienskappe
Bariumkarbonaat kan as neerslag verkry word deur aan 'n oplossing van natriumkarbonaat (soda) 'n oplossing van bariumchloried by te voeg:[4]
Dit is 'n basis wat gebruik kan word om uit oplossings van chloriede van AlSjabloon:Sup, CrSjabloon:Sup of FeSjabloon:Sup hidroksiede neer te slaan:[4]
Produksie
Bariumkarbonaat is 'n belangrike industriële materiaal. Die konvensionele metode van Sjabloon:Ch2-bereiding is gebaseer op hoë-temperatuur reduksie van bariet (natuurlike bariumsulfaat) met steenkool, wat 'n groot hoeveelheid Sjabloon:Ch2 vrystel. Onlangse navorsing bied 'n skoner metode vir Sjabloon:Ch2-produksie met metaan as die reduseermiddel, wat die Sjabloon:Ch2-emissie aansienlik verminder (tot 75%). [5]
Medies
In teenstelling tot die sulfaat is bariumkarbonaat toksies omdat dit in die maagsuur oplos. Toe bariumkarbonaat verkeerdelik as 'n X-straal-kontrasmedium gebruik is, het ses pasiënte 133 gm elk (ongeveer 1900 mg/kg) oorleef, maar nog een is ná slegs 53 gm dood. Die skrywer het vroeëre verslae aangehaal wat aandui dat so min as 4 gm (ongeveer 57 mg/kg) dodelik was.[1]
Verwysings
Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Karbonate Sjabloon:Normdata
- ↑ 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedPC - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedaflow - ↑ Sjabloon:Cite journal
- ↑ 4,0 4,1 Sjabloon:Cite book
- ↑ Sjabloon:Cite journal