Binomiaalstelling

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Die binomiale koëffisiënte verskyn as die inskrywings van Pascal se driehoek waar elke inskrywing die som van die twee bo dit is.

Die binomiaalstelling beskryf in elementêre algebra die algebraïese uitbreiding van die magte van 'n binoom. Volgens die stelling is dit moontlik om die mag (x+y)n tot 'n som wat terme in die vorm van axbyc bevat, uit te brei, waar die eksponente b en c nie-negatiewe heelgetalle is sodat b+c=n en die koëffisiënt a van elke term 'n spesifieke positiewe heelgetal is wat van n en b afhang. Byvoorbeeld,

(x+y)4=x4y0+4x3y1+6x2y2+4x1y3+x0y4=x4+4x3y+6x2y2+4xy3+y4.

Die koëffisiënt a in die term van xbyc staan bekend as die binomiale koëffisiënt (nb)=(nc). Hierdie koëffisiënte vir veranderende n en b kan gerangskik word om Pascal se driehoek te vorm. Hierdie getalle kan ook in kombinatoriek voorkom, waar (nb) die aantal kombinasies van b elemente aangee wat uit 'n versameling van n elemente gekies kan word.

Sjabloon:Saadjie

Sjabloon:Normdata