Boorsuur
Boorsuur of ortoboorsuur is 'n chemiese verbinding met formule Sjabloon:Chem. Dit kom in die natuur as die mineraal sassoliet voor. Sy soute word borate genoem. Die stof bestaan uit vlak molekule met 'n drietallige simmetrie.
Die stof is 'n swakke suur, wat egter nie met sy waterstofatome saamhang, maar met die feit dat die sentrale booratoom net drie ligande en geen alleenpaar besit. Dit is dus 'n swakke Lewissuur.
Kristalstrukture
Die struktuur van trikliniese Sjabloon:Chem-2A is reeds in 1934 deur Zachariasen bepaal. Dit staan uit lae waarin die Sjabloon:Chem-molekuul amper geheel trigonale C3h simmetrie vertoon en deur waterstofbindings met drie buurmolekule verbind is. Die stapeling van hierdie lae is egter triklinies. Shuvalov en Burns het aangetoon dat daar ook 'n Sjabloon:Chem-3T bestaan waar die stapeling trigonale kristalsimmetrie oplewer. [1]
Waterverlies
Die stof het 'n smeltpunt van ongeveer 171 oC, en 'n kookpunt onder stoom, maar by stadige, droë verhitting is dit nie stabiel nie en ontbind omtrent 100 oC stadig volgens:[2]
Die stof Sjabloon:Chem word metaboorsuur genoem en sy soute heet metaborate.
Verder droe verhitting tot 140 oC gee tetraboorsuur volgens
By nog hoër temperatuur word boortrioksied Sjabloon:Chem gevorm.
Amfotere eienskappe
Boorsuur kan met hidroksied as 'n suur reageer, hoewel dit gewoonlik tetraborate produseer. Die suur is 'n monobasiese Lewissuur wat in waterige oplossings 'n hidroksied-ioon aanvaar volgens:[3]
Boorsuur het nogtans amfotere eienskappe en kan ook as basis reageer. Dit kan byvoorbeeld in swaelsuur opgelos word en met swaweltrioksied kan dit die boortriwaterstofsulfaat vorm:[4]
Kyk ook
Verwysings
Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Normdata
- ↑ A new polytype of orthoboric acid, H3BO3-3T Sjabloon:Outeur Acta Crystallographica 59(6) 2003, i47-i49
- ↑ SigmaAldrich
- ↑ Encyclopedia of Food Sciences and Nutrition (Second Edition) Sjabloon:Outeur 2003, 566-574
- ↑ Hydrogensulfate and tetrakis(hydrogensulfato)borate ionic liquids: synthesis and catalytic application in highly Brønsted-acidic systems for Friedel–Crafts alkylation Sjabloon:Outeur Green Chemistry, 2002, 4, 134–138