Chloriet (chemie)
|
Algemeen | |
|---|---|
| Naam | Chloriet |
| Termochemiese radius | 1,95 Å [1] |
| Lys van anione | |
'n Chloriet is 'n sout met die komplekse anioon Sjabloon:Chem wat die suurres is van chlorigsuur Sjabloon:Chem.
Die stof is 'n matige oksideerder en matige basis. Die sentrale chlooratoom het 'n oksidasietoestand +3 (III). Hierdie molekulêre ioon het twee gelyke C-O bindings. (Net een resonansiestruktuur word getoon).
Gebruik
Natriumchloriet word gebruik om chloordiokside te maak, wat gebruik word in die watersuiwering. Die reakse kan met chloor of met hipochloriet uitgevoer word.
'n Oormaat aan chloor is gewoonlik toegevoeg om te voorkom dat daar nog reste chloriet in die drinkwater oorbly. Chloriet kan sekere soorte bloedarmoede veroorsaak. Die chloordiokside self kan chloraat en chloriet terugvorm by hoër temperature en hoër suurgraad. Chlorietkonsentrasies moet tot 1 [mg/L] beperk bly.[2]
Verwysings
- ↑ Thermochemical Radii of Complex Ions Sjabloon:Outeur Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
- ↑ Sjabloon:Aut Water Treatment Operator Handbook, 2002, ISBN 1-58321-861-0