Chloriet (mineralogie)

Chloriete is 'n groep minerale wat geklassifiseer word as tri-oktaëdriese fillosilikate met 'n laagstruktuur wat lyk op mika s'n. Die algemene samestelling van die groep is Sjabloon:Chem waarin isomorfiese vervanging gebruikelik in. Die (Mg,Fe,Al)-ione is in 'n oktaëdriese omringing, die (Al,Si)-ione in 'n tetraëdriese ene. Die verhoudings Fe/(Mg+Fe) en Sjabloon:Chem/Sjabloon:Chem bepaal die tipe chloriet.
Die struktuur bestaan uit 'n 2:1:1 laagstruktuur waarin mika- en brusietlae afwissel. Die mikalaag het 'n negatiewe lading wat geneutraliseer word deur 'n positiewe lading in die brusietlaag. Die laagvolgorde is gewoonlik
waar die T-O'-T die tetraëdriese-oktaëdriese-tetraëdriese mika-lae voorstel
Die meeste (80%) chloriete het die 11b-politipe struktuur met 'n monokliene sel met parameters van ongeveer: a=5.33, b= 9.23, c.sinβ=14,2 Å en β=97 °. Die b-parameter varieer met die aantal Sjabloon:Chem-ione in die oktaëdriese laag en die c-parameter met die Sjabloon:Chem/Sjabloon:Chem-verhouding in die tetraëdriese laag.[1]
Ander elemente

Daar is ook minerale wat tot die chloriete gereken word en wat ander elemente bevat. Kämmereriet byvoorbeeld bevat chroom (Sjabloon:Chem) en vertoon 'n wynrooie kleur. Cookiet bevat litium (Sjabloon:Chem). Sy struktuur is triklien [2]
X-straalverstrooiing
X-straalpoeierdiffraksie word gebruik om chloriete te ondersoek en identifiseer. Chloriete vertoon 'n karakteristieke refleksie by 14 Å en sy hoërorde-refleksies. Die diffraksiepatroon verander nie indien die mineraal met etileenglikol of gliserol behandel word nie en bly ook dieselfde by verhitting tot ong. 700 °C.[2]
Verwysings
- ↑ Sjabloon:Aut Clay Minerals: A Guide to Their X-ray Identification, 1970, ISBN 0-8137-2126-1
- ↑ 2,0 2,1 Sjabloon:Aut Rock Forming Minerals: Layered Silicates Excluding Micas and Clay Minerals, 2009, ISBN 978-1-86239-259-5