Elektriese impedansie

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Impedansie is 'n veralgemening van die reaksie op 'n aangelegde spanning V van die drie soorte elektroniese komponente (RLC) wat in 'n stroombaan of netwerk aangetref kan word. Die veralgemening berus op die gebruik van komplekse getalle. Die spanning kan 'n wisselspanning V(ω) met 'n frekwensie ω wees.

R: Resistor

Vir 'n resistor is die impedansie Z gelyk aan die elektriese weerstand: [1]

ZR=VI=R

Hierdie impedansie is 'n reële getal en dit hang nie van die frekwensie af nie.

Vir induktors en kapasitors is dit egter imaginêre getalle en is dit 'n funksie van die frekwensie

L: Induktor

ZL=VlIl=jXL=jωL
waar
XL=ωL die induktiewe reaktansie is,
ω=2πf die hoek frekwensie is,
L die induktansie is,
f die frekwensie is, en
j die imaginêre eenheid is.

Die imaginêre eenheid word gewoonlik as j geskryf en nie as i nie om verwarring met die elektriese stroom I te voorkom.

C: Kapasitor

ZC=VlIl=j2πfC=jXC=jωC
waar
XC=1ωC die kapasitiewe reaktansie is,
ω=2πf die hoek-frekwensie is,
C die kapasitansie is,
f die frekwensie is, en
j die imaginêre eenheid is.

Konfigurasies

Hoe die komponente ZR=R, ZL=jωL en ZC=jωC gekombineer moet word, hang van die konfigurasie van die stroomkring af.

Series

In 'n serieskonfigurasie kan impedansies gewoon opgetel word. Byvoorbeeld vir 'n weerstand R en 'n kapasitor C in series:

Ztotaal=ZR+ZC=R+jωC=ωRCjωC

Die totale impedansie is 'n komplekse getal wat se waarde van die frekwensie afhang,

Parallel

In parallel moet die resiprook opgetel word:

1Ztotaal=1ZR+1ZC=1R+jωC=1+jωRCR
Ztotaal=R1+jωRC

Tydkonstante

Die grootheid RC word die RC-tydkonstante genoem. [2]

τ=RC

Die eenheid van hierdie konstante is in sekondes en dit is 'n weergawe van die hoeveelheid tyd dat dit vereis om die kapasitor 63,2% te vul. Byvoorbeeld 'n resistor van 1 [kΩ] saam met 'n kapasitor van 2 [μF] gee 'n tydkonstante van

τ=1kΩ*2μF=1*2*103*106ΩF=2ms

Ohm se wet; fasors

Arganddiagram van 'n netwerk met R, C en L-bydraes

Die komplekse impedansie ZSjabloon:Subb kan soos alle komplekse getalle in 'n Arganddiagram in die komplekse vlak weergegee word. Die weerstandbydrae R is reëel en dus het dit 'n argument (fasehoek) ϕ=0. Die L en C-bydraes is egter imaginêr en hulle fasehoeke is ϕ=+π2 en ϕ=π2

Die stroom I kan bereken word deur Ohm se wet te veralgemeen:[3]

V=ZI
I(ω)=V(ω)Ztotaal(ω)

Omdat die komplekse impedansie Ztotaal(ω) 'n komplekse getal is, het dit gewoonlik 'n argument (fasehoek) ϕ wat nie gelyk aan nul is nie. Daardeur sal die stroom I 'n andere fase het as die spanning V. Dit word met die term fasor aangedui.

Resonansie

By 'n serieskonfigurasie van 'n induktor en 'n kapasitor kan resonansie optree:[4]

Ztotaal=ZL+ZC=jωL+jωC

Vir 'n bepaalde waarde van die frekwensie kan die impedansie nul word:

Ztotaal=ZL+ZC=jωL+jωC=0
jωL+jωC=0
ωL=+1ωC
ω2=1LC
ωresonansie=1LC

In die praktyk sal daar egter altyd 'n resistorkomponent wees wat hierdie resonansie sal demp.

Resonansie in 'n stroomkring kan lei tot die uitsaai van radiogolwe of hulle ontvangs en dit is die basis van hoe 'n radio werk.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Saadjie