Etyn
Etyn of asetileen met formule Sjabloon:Chem is die eenvoudigste alkyn, 'n koolstofverbinding met 'n drievoudige C≡C binding.
Dit is 'n gas wat met 'n baie warm vlam kan brand en daarom in branders gebruik word.
Soos ander ongesubstitueerde alkyne het die eindstandige proton die eienskappe van 'n swak suur. Daar is selfs soute wat afgelei is wat hierdie suur, soos kalsiumkarbied Sjabloon:Chem wat die karbiedioon Sjabloon:Chem ([C≡C]2-) bevat. Kalsiumkarbied reageer met water en stel daarby etyn vry:
Asetileen is 'n kleurlose, ontvlambare gas wat uit kalsiumkarbied en water verkry word. 'n Kilogram karbied lewer sowat 300 liter asetileengas. Wanneer asetileen in suurstof brand, word 'n baie warm vlam met 'n temperatuur van 3 000 °C verkry, wat deur die hardste staal kan sny.
Dit word derhalwe ook vir daardie doel en sweiswerk gebruik. Asetileen is 'n giftige gas met ʼn heelwat groter massa as lug. Saamgepers of verhit, is dit 'n hoogs ontplofbare stof. Dit is 'n baie belangrike grondstof in die chemiese nywerheid en word baie gebruik in die vervaardiging van vinielchloriede vir plastiekgoedere, sintetiese rubber, akrilonitriel, kunsvesel- en kleefstof en verf.
Dit word ook gebruik om vitamien A sinteties te berei. Asetileenswart, 'n koolstof wat verkry word deur die onvolledige verbranding van asetileen, word in droëselbatterye gebruik.
Demonstrasie
Verwysings
Bron
- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409435, volume 2, bl. 80