Fermilab

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Die Tevatron-versneller

Fermilab is 'n Amerikaanse nasionale ondersoeksentrum wat spesialiseer in hoë energie fisika. Dit is in 1967 naby Chicago opgerig. Die sentrum is na die wetenskaplike Enrico Fermi vernoem.

Fermilab word beskou as Amerika se teenvoeter vir die Europese CERN. Die Tevatron-partikelversneller is deel van Fermilab. In die Tevatron-ring word protone op antiprotone geskiet met 'n energie van 1,96 TeV (1 TeV =1012 elektronvolt). Die botsings in die Tevatron-ring word deur twee partikeldetektors gemeet, D0 en CDF. Naas hierdie twee word daar ook ander eksperimente by Fermilab uitgevoer.

Trivia

Die planetoïde 11998 Fermilab is na Fermilab vernoem.

Eksterne skakels

Sjabloon:Commons

Sjabloon:Koördinate

Sjabloon:Normdata