Fosfien

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Lêer:88. Добивање и горење на фосфин.ogg

Fosfien is 'n verbinding van fosfor en waterstof met die chemiese formule Sjabloon:Chem. Dit kan as 'n hidried van fosfor beskou word of as 'n fosfied van waterstof.

Dit is 'n baie toksiese en brandbare gas.

Daar is ook afgeleide, gesubstitueerde verbindings soos Sjabloon:Chem wat fosfiene genoem word.

Kristalstruktuur

Teen lae temperature kristalliseer die verbinding in 'n kubiese struktuur.[1]

Chemiese eienskappe

Kalsiumfosfied reageer met water en stel fosfien vry:

Ca3P2+6H2O3Ca2++6OH+2PH3

'n Ander sintese behels wit fosfor en 'n sterk basis, soos natriumhidroksied. Dit is 'n outoredoksreaksie wat ook fosfaat vrystel. Fosfien is analoog aan ammoniak en kan soute vorm soos Sjabloon:Chem maar hulle is baie minder stabiel as die ammoniumsoute.[2]

Gebruike

Fosfien word soms vir berokingsdoeleindes gebruik bv. teen die amandelmot Cadra cautella of die ryskalander Sitophilus oryzae. Vanweë die hoë toksisiteit is die gebruik aan groot beperkings onderhewig. Fosfien se lewensduur in lug egter taamlik kort, ongeveer 5 uur. Dit word deur hidroksielradikale vernietig.[3]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Aflow
  2. Sjabloon:Cite book
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named EPA