Gustav Fechner

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Inligtingskas Wetenskaplike

Gustav Theodor Fechner (Duitse fonetiese uitspraak:ˈfɛçnɐ; 19 April 180118 November 1887)[1] was 'n Duitse eksperimentele sielkundige, filosoof en fisikus. Hy was 'n vroeë baanbreker in die veld van eksperimentele sielkunde en die stigter van "psigofisika". Hy het verskeie 20ste eeuse wetenskaplikes en filosowe beïnvloed. Hy word ook daarmee gekrediteer dat hy die nie-lineêre verhouding tussen sielkundige aanvoeling en die fisiese intensiteit van 'n gegewe stimuli via die formule: S=KlnI gedemonstreer het, welke weldra bekend sou staan as die Weber–Fechner-wet.[2][3]

Vroeë lewe en wetenskaplike loopbaan

Fechner is gebore te Groß Särchen, naby Muskau, in die Markgraafskap Neder-Lausitz waar sy vader 'n predikant was. Ten spyte daarvan dat hy deur sy religieuse vader grootgemaak is, het Fechner in sy latere lewe 'n ateïs geword. [4] Hy word aanvanklik onderrig in Sorau (nou Żary in die weste van Pole).

In 1817 het hy geneeskunde studeer aan die Medizinische Akademie Carl Gustav Carus in Dresden, en vanaf 1818 aan die Universiteit van Leipzig, waar hy die res van sy lewe sou spandeer.[5] Hy het in 1835 sy PhD aan dié instelling verwerf.

In 1834 word hy aangestel as professor in fisika in Leipzig. In 1839 het hy egter 'n oogkwaal opgedoen terwyl hy die verskynsels van kleur en visuele persepsie bestudeer het. Hy het later as gevolg van die ondraaglike pyn wat dit teweeggebring het bedank. Hy het hom na sy herstel toegespits op die studie van die gees en die verhouding daarvan met die liggaam, en openbare lesings gelewer oor die onderwerpe wat in sy boeke behandel is. Terwyl hy in die bed gelê het, het hy 'n insig gehad in die verband tussen geestelike sensasies en materiële sensasies. Hierdie insig was belangrik in die ontwikkeling van sielkunde, aangesien daar nou 'n kwantitatiewe verband tussen die geestelike en fisiese wêreld was.[6]

Werke

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Verdere leeswerk

  • Heidelberger, M. (2001), "Gustav Theodor Fechner" in Statisticians of the Centuries (red. C. C. Heyde en E. Seneta) pp. 142–147. New York: Springer Verlag, 2001.
  • Heidelberger, M. (2004), Nature From Within: Gustav Theodor Fechner and his Psychophysical Worldview (vertaler, Cynthia Klohr), Pittsburgh, PA: University of Pittsburgh Press, 2004. Sjabloon:ISBN
  • Robinson, David K. (2010), "Gustav Fechner: 150 years of Elemente der Psychophysik", in History of Psychology, Vol 13(4), Nov 2010, pp. 409–410. [1]
  • Stigler, Stephen M. (1986), The History of Statistics: The Measurement of Uncertainty before 1900, Cambridge, MA: Harvard University Press, pp. 242–254.

Eksterne skakels

Sjabloon:Commons

Sjabloon:Normdata

  1. Sjabloon:Cite web
  2. Sjabloon:Cite book
  3. Sjabloon:Citation
  4. Sjabloon:Cite book
  5. Fechner, Gustav Theodor at vlp.mpiwg-berlin.mpg.de.
  6. Schultz, P.D., & Schultz, S.E. (2008). A History of Modern Psychology.(pp. 81-82).Thompson Wadsworth.