Helium-3

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Isotoopkas

Helium-3 (Sjabloon:Sub supHe) is 'n seldsame isotoop van die element helium. Dit word deur die verval van tritium gevorm.

Die isotoop is in 1939 deur Alvarez en Corneg ontdek. In teenstelling met helium-4 bevat die kern van hierdie isotoop nie 'n ewe aantal deeltjies en daardeur 'n kernspin wat nul is nie. [1]Dit beteken dat die deeltjie 'n fermion is pleks van 'n boson en die eienskappe onderkant 4,2K is baie verskillend.

Helium-3 is hier op aarde baie seldsaam, maar dit is volop in die sonwind en waarskynlik ook op die maanoppervlak wat hieraan blootgestel is. Omdat die isotoop dalk aantreklik vir kernfusie is, was daar voorstelle gewees om dit op die maan te myn.[2]

Die son

Die son se kernfusie

Helium-3 speel 'n belangrike rol in die kernfusiereaksies wat in die son plaasvind. Dit word deur 'n reaksie tussen protium en deuterium gevorm:[3]

1H+ 2D 3He+γ+5,5 MeV reaksietyd 5,7 sekonde

Twee helium-3-kerne reageer daarna metmekaar:

3He+ 3He 4He+2 1H+12,5 MeV reaksietyd 100 mj.

Verwysing

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Saadjie

Sjabloon:Isotoop Sjabloon:Normdata

  1. Properties of Liquid Helium 3 Sjabloon:Outeur Science Feb. 1953, bls. 121-126
  2. ESA
  3. Tritium: Fuel of Fusion Reactors Sjabloon:Outeur Springer, 2016, ISBN 4431564608, ISBN 9784431564607