Hoeksnelheid
Gaan na navigasie
Gaan na soektog

In fisika is hoeksnelheid die vektormeting van die tempoverandering van die hoekverplasing van 'n voorwerp teenoor tyd. Die vektor dui die grootte van die rotasiespoed (skalaar: hoekfrekwensie) aan sowel as die as waarom die voorwerp roteer. Dit word meestal aangedui met die hoofletter-omega (ω). Die SI-eenheid vir hoeksnelheid is radiale per sekonde . Die rigting van rotasie kan maklik voorgestel word deur die regterhandreël (sien skets aan die regterkant).