Interpolasie

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Geen bronnelys Interpolasie is 'n metode om nuwe datapunte te bou binne die omvang van 'n afsonderlike stel bekende datapunte.

Lineêre interpolasie

Lêer:Lineere interpolasie.png
Lineêre interpolasie: x1, x2, y1, y2 is bekend. y kan verkry word deur lineêre interpolasie.

Lineêre interpolasie word gedoen deur die volgende formules:

Stel die hellings van die lyn vanaf punt (x1,y1) na punt (x2,y2) dieselfde as die helling van die lyn van punt (x1,y1) na (x,y)ː

y−y1x−x1=y2−y1x2−x1⇒y=y2−y1x2−x1⋅(x−x1)+y1

Partykeer is dit makliker om dit soos volg in te dink:

y=x−x1x2−x1⋅(y2−y1)+y1

Soortgelyk is:

y=y2−y1x2−x1⋅(x−x2)+y2

Voorbeeld

Ons weet dat:

  • 0 °C = 32 °F
  • 100 °C = 212 °F

Indien ons dus die temperatuur in °C wil weet as die temperatuur in °F gegee word, kan daar soos volg geïnterpoleer word:

TC=TF−32212−32×(100−0)+0=TF−32180×100=TF−321.8

Sjabloon:Saadjie Sjabloon:Normdata