Kadmiumhidroksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Kadmiumhidroksied is 'n basis van kadmium met formule Sjabloon:Ch2.

Dit is 'n halfgeleier met 'n bandgaping van 3,2 eV en 'n hoë geleidbaarheid. [1]

Kristalstruktuur

Kadmiumhidroksied kristalliseer gewoonlik in die trigonale kadmiumjodied-struktuur, wat C6 genoem word in die strukturbericht-klassifikasie. Soms word dit ook die magnesium- (brusiet) of kadmiumhidroksied-struktuur genoem.[2] In plaas van jodiedione het dit hidroksiedione wat hierdie gelaagde struktuur deur waterstofbinding sterker bind as die jodiedione. Hierdie modifikasie word die Sjabloon:Beta-fase genoem.[3]

Daar is ook 'n Sjabloon:Gamma-modifikasie wat 'n eie monokliniese struktuur het. Die Sjabloon:Alfa-fase kristalliseer nouliks.[3]

Chemiese eienskappe

Die stof is in water amper onoplosbaar en kan daaruit of uit alkohol neergeslaan word, bv. deur 'n basis soos tetrametielammoniumhidroksied aan 'n oplossing van 'n in alkohol oplosbare kadmiumsout soos kadmiumasetaat by te voeg.[4]

'n Endotermiese piek in DTA toon dat dit teen 245 °C ontbind en kadmiumoksied vorm.[4]

Die Sjabloon:Gamma-modifikasie kan in dunne lae op 'n substraat van tinoksied met kaliumhidroksied neergeslaan word uit 'n oplossing van kadmiumchloried en natriumsitraat.[1]

Gebruike

Kadmiumhidroksied word in nikkel-kadmiumbatterye gevorm wanneer hulle ontlaai:[5]

2NiOOH+Cd+2H2O2Ni(OH)2+Cd(OH)2

Dit is 'n oksidasie van kadmiummetaal:

Cd+2OHCd(OH)2+2e

Vanweë sy fisiese eienskappe is daar navorsing na die gebruik in sonselle, sensors, deursigtige elektrodes en batterye.[1]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Hidroksiede

  1. 1,0 1,1 1,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hernández
  2. Sjabloon:Cite journal
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Henriques
  4. 4,0 4,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ristić
  5. Sjabloon:Cite book