Kaliumjodied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Kaliumjodied is 'n sout van die alkalimetaal kalium en waterstofjodied met die formule Sjabloon:Chem. Dit is 'n stof met 'n baie hoë oplosbaarheid in water. 'n Liter versadigde oplossing bevat ongeveer 1430 gram KI, meer as die gewig van 'n liter water.

Chemiese eienskappe

Die stof is kleurloos of wit en suurstofvrye oplossings is ook kleurloos. Maar die jodiedioon kan deur oksidasie deur die lug se suurstof maklik vrye jodium vorm en dit gee die oplossing 'n geel kleur. Jodium self is nie in water oplosbaar nie, maar saam met jodied word die oplosbare trijodiedioon Sjabloon:Chem gevorm wat geel of bruin is by hoër konsentrasies.

4H+(aq)+O2(aq)+6I(aq)2H2O+2I3(aq)

Jodometrie

Die oplossing voor en na die ekwivalensiepunt

Hierdie oksidasie deur atmosferiese suurstof word deur lig gekataliseer. 'n Belangrike ontledingsmetode wat in bv. die voedselindustrie aangewend word, die jodometrie, word daarom in die donker uitgevoer. Hierdie tegniek is 'n voorbeeld van titrasie. 'n Oplossing van kaliumjodied word gemeng met 'n analietoplossing wat 'n oksideermiddel bevat wat se konsentrasie bepaal moet word. Dit sal trijodied vorm en die oplossing geelbruin kleur. 'n Oplossing van natriumtiosulfaat met 'n bekende konsentrasie word stadig drupsgewys bygevoeg. Tiosulfaat reageer vinnig met die trijodied wat die analiet vorm volgens:

2S2O32+I33I+S4O62

Die iodied- en tetrationaatione (Sjabloon:Chem en Sjabloon:Chem) is kleurloos. Wanneer genoeg tiosulfaat bygevoeg is, word die ekwivalensiepunt bereik en ontkleur die oplossing. Die kleuromslag kan nog beter waargeneem word indien naby die ekwivalensiepunt 'n styseloplossing as aanduider toegevoeg word. Trijodied gee met stysel 'n diepblou kleur. Uit die hoeveelheid tiosulfaat wat by die ekwivalensiepunt bygevoeg is, kan die oorspronklike konsentrasie van die analiet bereken word.[1]

Klassiek word hierdie tegniek met 'n buret met die hand uitgevoer, maar die meeste titrasies is nou geoutomatiseer en word deur rekenaars uitgevoer.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings