Kalsiumsulfied
Kalsiumsulfied in 'n sout van kalsium met waterstofsulfied met die chemiese formule Sjabloon:Ch2.
Dit kom in die natuur voor as die mineraal oldhamiet.[1]
Kristalstruktuur
Kasliumsulfied kristalliseer in die kubiese halietstruktuur.[2] (B1 in die strukturbericht-klassifikasie)
Chemiese eienskappe
Kalsiumsulfied is min oplosbaar in water en onoplosbaar in alkohol. Die stof is higroskopies en hidroliseer tot Sjabloon:Ch2. Dit reageer met sure om hierdie onwelriekende gas vry te stel.[2]
Vervaardiging
Onder 'n inerte atmosfeer kan kalsiumsulfied uit die elemente berei word:[2]
'n Reduksie van kalsiumsulfaat met koolstof kan dit ook lewer:
Gebruike
Kalsiumsulfied word in fosfors, ligverf en vernis gebruik. Kalsiumsulfied word ook gebruik as 'n bymiddel vir smeermiddels en as 'n flotasiemiddel in ertsontginning.[2]