Koggelmandervoet
Gaan na navigasie
Gaan na soektog
Koggelmandervoet (Limeum africanum) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes- en Noord-Kaap, asook in Mpumalanga voor en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.[1]
SANBI gee twee subspesies:
- Limeum africanum L. subsp. africanum
- Limeum africanum L. subsp. canescens – van Namakwaland
Hierdie dwergstruikie is baie smaaklik vir die vee en sy teenwoordigheid gee aan dat die weidegrond nie oorbeweid word nie.
Dit is 'n baie vertakte struikie met hangende kruidagtige stamme, wat langwerpige tot lansetvormige, vlesige blare dra met kort blaarsteeltjies. Groot getalle blommetjies met opvallende wit kelkblare verskyn op kort stingels.[2]
Dit is 'n vetplantjie. Sy relatiewe hidrouliese kapasitansie is 0,16 MPa-1; sy modulus . Die sukkulensie-indeks is taamlik hoog: 11,18.[3]
Verwysings
- ↑ Sjabloon:Cite web
- ↑ Sjabloon:Cite web
- ↑ Advances in Botanical Research, Volume 55 Sjabloon:Outeur Academic Press, 2010, ISBN 0-12-380869-3, 9780123808691