Konstante van Planck

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Die konstante van Planck, aangedui met h, is ’n natuurkundige konstante wat in alle vergelykings van kwantummeganika voorkom. Dit is genoem na die natuurkundige Max Planck, wat die konstante in 1900 ingevoer het by sy verklaring van die straling van swartstralers. Die konstante het die waarde:[1]

h=(6,62606957±0,00000029)×1034 Js

Dikwels word ook die gereduseerde konstante van Planck gebruik:

=h/2π=(1,054571800±0,000000013)×1034 Js

Die konstante van Planck h is ingevoer vir die verband tussen frekwensie ν (Griekse nu) en energie E vir ’n ligkwantum (foton) volgens:

E=hν

Hersiening van die SI-stelsel in November 2018

Met die hersiening van die SI-stelsel op 16 November 2018 sal die waarde van die konstant van Planck vanaf 19 Mei 2019 vasgestel sal word met 'n waarde van presies

h=6,62607015×1034 Js

Terselfdetyd sal die huidige definisie van die kilogram geskraap word en dit sal bereken word met gebruik van die definisie van die sekonde, die meter en die konstant van Planck.[2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings