Koolstofgetal
Gaan na navigasie
Gaan na soektog
Sjabloon:Weesbladsy In organiese chemie is die koolstofgetal (C#) van 'n verbinding die aantal koolstofatome in elke molekule. Die eienskappe van koolwaterstowwe kan met die koolstofgetal gekorreleer word, hoewel die koolstofgetal alleen nie 'n aanduiding is van die versadiging van die organiese verbinding nie. As 'n spesifieke molekule beskryf word, is die koolstofgetal ook die orde van 'n spesifieke koolstofatoom in 'n ketting.
Die volgende is 'n lys van tipiese verbindings met hulle koolstofgetalleː
| Verbinding | Koolstofgetal |
|---|---|
| CH4 | 1 |
| C2H4 | 2 |
| C2H6 | 2 |
| C3H8-iso | 3 |
| C3H8-n | 3 |
| C3H6 | 3 |
| CO | 1 |
| N2 | 0 |
| Ar | 0 |
Om die koolstofgetal vir gasmengsels te bereken, word die volgende formule gebruikː
Waar:
- = Koolstof getal vir gasmengsel
- = Koolstof getal vir verbinding
- = Molfraksie