Koper(I)bromied
Sjabloon:Chemiekas2 Koper(I)bromied is 'n sout van koper in sy +1 oksidasietoestand en waterstofbromied met formule Sjabloon:Chem Dit is 'n wit vastestof wat groenerig of donkerblou verkleur wanneer dit aan sonlig blootgestel word. Dit is sleg oplosbaar in water. Dit los op in soutsuur, waterstofbromied en ammoniumhidroksied en vorm komplekse daarmee. Dit is bykans nie in asetoon of swaelsuur oplosbaar nie.[1]
Dit is 'n wit vastestof wat groenerig of donkerblou verkleur wanneer dit aan sonlig blootgestel word. Dit is sleg oplosbaar in water. Dit los op in soutsuur, waterstofbromied en ammoniumhidroksied en vorm komplekse daarmee. Dit is bykans nie in asetoon of swaelsuur oplosbaar nie.[1]
Koper(I)bromied ondergaan twee fase-oorgange na ander vaste fases en 'n smeltoorgang by verhitting.[2]
γ-CuBr
Die kamertemperatuurvorm (γ) het die kubiese sfalerietstuktuur (B3 in die strukturbericht-klassifikasie)[3]
Enkelkristalle kan uit 'n waterige oplossing van Sjabloon:Chem hidrotermaal gegroei word. Hulle is liggeel en is p-tipe halfgeleier met 'n direkte bandgaping van 2,91 eV. Dit het 'n groot eksitoonbindingsenergie (108 meV).[4]
β-CuBr
Die β-CuBr-fase het die heksagonale Wurtziet-struktuur (P6Sjabloon:Submc #186; B4 in strukturbericht-klassifikasie). [5]
α-CuBr
Die α-CuBr-fase het die α-AgI-struktuur (B23). Dit is 'n kubiese struktuur met ruimtegroep ImSjabloon:Bostreepm (nommer 229). In hierdie struktuur is die anioon op sy vaste plek, maar die katione is ewekansig oor verskeie posisies verdeel. Die katioonsubrooster gedra min of meer soos 'n vloeistof.[5] [6]
Die α-fase is 'n superioniese geleier met baie hoë spesifieke geleibaarheid.[7]
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 Sjabloon:Cite web
- ↑ Sjabloon:Cite web (α en γ is verwissel)
- ↑ Sjabloon:Cite journal
- ↑ Sjabloon:Cite journal
- ↑ 5,0 5,1 Sjabloon:Cite journal
- ↑ Sjabloon:Cite web
- ↑ Sjabloon:Cite book