Koper(II)karbonaat

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Suiwer (neutrale) koper(II)karbonaat Sjabloon:Chem, die sout van koper en koolsuur is moeilik om te vervaardig. Wat in die natuur voorkom en verhandel word, is basiese koperkarbonaat, oftewel koperkarbonaathidroksied.[1]

"Neutrale" koperkarbonaat

Oor nie-basiese neutrale koperkarbonaat is min bekend. Pistorius het beweer dat dit 'n romboëbriese stof met die kalsietstruktuur sou wees, maar Ehrhardt ontken dit. Hy het dit as grys poeier verkry deur asuriet, malagiet of koper(II)oksied saam met silweroksalaat onder hoë druk (20 kbar) teen 500 °C te verhit. Silweroksalaat ontbind onder hierdie omstandighede en stel koolstofdioksiedgas vry:

Ag2C2O4500C2Ag(s)+2CO2.

Ontleding van die grys poeier het bevestig dat dit Sjabloon:Chem is. Dit het 'n monokliniese struktuur waarvan net die eenheidsel bekend is (a=703,0 pm; b= 449.4 pm; c= 609,1 pm; β= 101,21°) Infrarooispektroskopie het absorpsies teen 1460, 1420, 100, 860, 760 en 743 cmSjabloon:Sup opgelewer, wat ooreenkom met die vibrasies van die karbonaatioon. Die ruimtegroep is waarskynlik Pc (nommer 7).[2]

Basiese koperkarbonaat

Daar is twee vorms:

  1. 2Sjabloon:Chem.Sjabloon:Chem oftewel Sjabloon:Chem. Dit is groen en as die mineraal malagiet bekend. Dit is ook bekend as Bremen-groen. CAS-nommer [12069-69-1]
  2. Sjabloon:Chem.3Sjabloon:Chem oftewel Sjabloon:Chem. Dit word ook tribasies genoem. Dit is blou en as die mineraal asuriet bekend. CAS-nommer [12068-81-4]

Die groen vorm is wat meestal kommersieel verhandel word.[1]

Chemiese eienskappe

Basiese koperkabonaat is nie in water oplosbaar nie, maar dit los maklik op in sterk sure, warm asynsuur, oplossings van alkalimetaalsianiede en gekonsentreerde ammoniakoplossings. Dit is baie stabieler as koper(II)hidroksied maar dit ontbind teen 200°C en vorm die oksied volgens:[1]

CuCO3.Cu(OH)22CuO+H2O+CO2

Vervaardiging

Daar is twee produksieprosesse waaruit twee effens ander produkte verkry word. Teen temperature van 45-65°C word 'n oplossing van CuSjabloon:Sup by 'n oplossing van óf natriumkarbonaat óf natriumbikarbonaat gevoeg. Daar word eers asuriet gevorm wat in die eerste geval na twee uur in malagiet omgesit is. In die tweede geval duur dit slegs 'n uur en is die produk baie digter.[1]

Gebruike

Koperkabonaat word gebruik vir die vervaardiging van ander kopersoute en -sepe. Dit word in veevoer verwerk as bron van koper en gebruik in die petroleumverwerking en die pH-kontrole in elektroplatering. Die stof is 'n katalisator vir hidrogenering en polimerisasiereaksies. Dit word ook as swamdoder en vir houtbewerking gebruik.[1]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Karbonate