Koper(II)oksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Koper(II)oksied is 'n chemiese verbinding van koper met suurstof (formule: Sjabloon:Chem). Dit is 'n swart vastestof.

Chemiese struktuur

Die koperatoom het 'n oksidasietoestand 2+, wat ooreenkom met 'n elektronkonfigurasie vir die Sjabloon:Chem-ioon van [Ar]3d9. Die een ontbrekende d-elektron in die subskil maak dit tot 'n ioon wat Jahn-Teller-vervorming sal ondergaan en dit kan in sy kristalstruktuur teruggevind word. Die koperione het 'n vervormde oktaëdriese omringing, wat verklaar dat hierdie struktuur 'n taamlik lae, monokliene simmetrie besit.

Vervaardiging

Koper(II) oksied word dikwels vervaardig wanneer hidrometallurgiese tegnieke gebruik word om koper uit te loog. In hierdie proses word suurstof uit die lug as oxidasiemiddel gebruik en 'n ammoniakale ammoniumkarbonaatoplossing om die element oplosbaar te maak. Die oorhoofse proses is:

2Cu+12O2+2NH3+(NH4)2CO3Cu2(NH3)4CO3+H2O

Ander meatale soos kalsium, magnesium, yster, mangaan, aluminium, lood en chroom gaan nie of net min in oplossing in hierde proses en die oplossing kan nog verder gesuiwer word. Ammoniak en koolstofdioksied kan deur stoominjeksie verwyder word en dit lewer 'n neerslag van koper(II)oksied.[1]

Reaksies

Onder hoë suurstofdruk smelt die stof by 1330 °C, maar die stof ontbind naby 1030 °C onder atmosferiese druk en vorm die koper(I)oksied. In teenwoordigheid van waterstof en koolstofmonoksied word dit by 250 °CC in die metaal koper omgesit.[1]

Gebruike

Koper(II)oksied word aan glas- en glasuur-mengsels bygevoeg. Dit gee die produk 'n akwamaryn kleur. Indien dit onder reduserende kondisies gedoen word en die koper tot +1 gereduseer word, word die kleur robynrooi.[2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Oksiede

  1. 1,0 1,1 Handbook of Copper Compounds and Applications, Sjabloon:Outeur, CRC Press, 1997, ISBN 0-8247-8998-9, ISBN 978-0-8247-8998-5 bls.59
  2. Sjabloon:Cite web