Korrosie-inhibeerder

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

In chemie is 'n korrosie-inhibeerder of anti-korrosiemiddel 'n chemiese verbinding wat, wanneer dit by 'n vloeistof of gas gevoeg word, die korrosietempo van 'n materiaal, tipies 'n metaal of 'n legering, wat met die vloeistof in aanraking kom, verlaag.[1] Die doeltreffendheid van 'n korrosie-inhibeerder hang af van vloeistofsamestelling, hoeveelheid water en vloeiregime. Korrosie-inhibeerders word algemeen in die industrie gebruik, en word ook in oor-die-toonbank middels aangetref, tipies in spuitvorm in kombinasie met 'n smeermiddel en soms 'n deurdringende olie. Hulle kan by water gevoeg word om uitloging van lood of koper uit pype te voorkom.[2]

'n Algemene meganisme om korrosie te rem, behels die vorming van 'n deklaag, dikwels 'n passiewe laag, wat toegang van die korrosiewe stof tot die metaal belemmer. Permanente behandelings soos verchroming word egter nie in die algemeen as inhibeerders beskou nie, inteendeel korrosie-inhibeerders is bymiddels in vloeistowwe wat die metaalvoorwerp omring.

Tipes

Bensotriasool inhibeer die orrosie van koper deur 'n inerte laag van hierdie polimeer op die metaal se oppervlak te vorm

Die aard van die korrosiewe inhibeerder hang af van (i) die materiaal wat beskerm moet word, wat meestal metaalvoorwerpe is, en (ii) van die korrosiewe middel(s) wat geneutraliseer moet word. Die korrosiewe middels is gewoonlik suurstof, waterstofsulfied en koolstofdioksied. Suurstof word gewoonlik verwyder deur reduktiewe inhibeerders soos amiene en hidrasiene:

OA2+NA2HA42HA2O+NA2

In hierdie voorbeeld verander hidrasien suurstof, 'n algemene korrosiewe middel, in water, wat oor die algemeen nie-korrosief is. Verwante inhibeerders van suurstofkorrosie is heksamien, fenileendiamien en dimetieletanolamien, en hul afgeleides. Antioksidante soos sulfiet en askorbiensuur word soms gebruik. Sommige korrosie-inhibeerders vorm 'n passiverende laag op die oppervlak deur chemisorpsie. Bensotriasool is een so 'n spesie wat gebruik word om koper te beskerm. Vir smering word sinkditiofosfate algemeen gebruik - hulle slaan sulfied neer op oppervlakke.

Die geskiktheid van enige gegewe chemikalie vir 'n taak hang af van baie faktore, insluitend hul bedryfstemperatuur.

Illustratiewe toepassings

  • Vlugtige amiene word in ketels gebruik om die effekte van suur te verminder. In sommige gevalle vorm die amiene 'n beskermende film op die staaloppervlak en tree terselfdertyd op as 'n anodiese inhibeerder. 'n Inhibeerder wat beide op 'n katodiese en anodiese wyse optree, word 'n gemengde inhibeerder genoem.
  • Bensotriasool inhibeer die korrosie en vlek van koperoppervlakke.[3]
  • Korrosie-inhibeerders word dikwels by verf gevoeg. 'n Pigment met anti-korrosie-eienskappe is sinkfosfaat. Verbindings afgelei van looisuur of sinksoute van organonitrogene (bv Alcophor 827) kan saam met anti-korrosie-pigmente gebruik word. Ander korrosie-inhibeerders is Anticor 70, Albaex, Ferrophos en Molywhite MZAP.
  • Antiseptika word gebruik om mikrobiologiese korrosie teen te werk. Bensalkoniumchloried word algemeen in die oliebedryf gebruik.
  • In olieraffinaderye kan waterstofsulfied staal korrodeer, en word dikwels verwyder met lug en amiene deur omskakeling na polisulfiede.
  • Ortofosfate kan in waterbehandelingstelsels gebruik word om uitloging van lood en koper uit pype te voorkom.[2]

Brandstofindustrie

Korrosie-inhibeerders word gewoonlik bygevoeg by koelmiddels, brandstowwe, hidrouliese vloeistowwe, stoomketelwater, enjinolie en baie ander vloeistowwe wat in die industrie gebruik word. Vir brandstowwe kan verskeie korrosie-inhibeerders gebruik word. Sommige komponente sluit sinkditiofosfate in.[4]

  • DCI-4A, wat wyd gebruik word in kommersiële en militêre vliegtuigbrandstof, dien ook as 'n smeermiddel. Dit kan ook in petrol en ander distillaatbrandstowwe gebruik word
  • DCI-6A, vir motorpetrol en distillaatbrandstowwe, en vir Amerikaanse militêre brandstof (JP-4, JP-5, JP-8)
  • DCI-11, vir alkohole en petrols wat oksigenate bevat
  • DCI-28, vir baie lae pH alkohole en petrole wat oksigenate bevat
  • DCI-30, vir petrol en distillaatbrandstowwe, uitstekend vir pyplynoordragte en berging, bytbestand
  • DMA-4 (oplossing van alkielaminofosfaat in keroseen), vir petroleumdistillate

Sien ook

Katodiese Beskerming vir Voertuie Korrosie CosmolineCRC Korrosie-inhibitor 5-56Warm dompelversinking Ysterpilaar van Delhi Marvel Mystery OilMexelOlie-byvoeging Vertinning Truscon Laboratoriums Vlugtige korrosie-inhibitor Roesomsetter

Nuttige webwerwe

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Eksterne skakels

Sjabloon:Normdata

  1. Hubert Gräfen, Elmar-Manfred Horn, Hartmut Schlecker, Helmut Schindler "Corrosion" Ullmann's Encyclopedia of Industrial Chemistry, Wiley-VCH: Weinheim, 2002. Sjabloon:Doi
  2. 2,0 2,1 Sjabloon:Cite web
  3. M. Finšgarand and I. Milošev "Inhibition of copper corrosion by 1,2,3-benzotriazole: A review" Corrosion Science 2010, Volume 52, Pages 2737-2749 Sjabloon:Doi
  4. Octel-Starreon Refinery Fuel Additives Corrosion Inhibitors for hydrocarbon fuels - corrosion inhibitor and corrosion protection to fuel distribution system