Kwik
Sjabloon:Elementboks opskrif Sjabloon:Elementboks reeks Sjabloon:Elementboks groepperiodeblok Sjabloon:Elementboks voorkoms beeld Sjabloon:Elementboks atoommassa gpm Sjabloon:Elementboks ekonfig Sjabloon:Elementboks eperskil Sjabloon:Elementboks afdeling fisieseiensk Sjabloon:Elementboks fase Sjabloon:Elementboks digtheid gpcm3nkt Sjabloon:Elementboks smeltpunt Sjabloon:Elementboks kookpunt Sjabloon:Elementboks smeltwarm kjpmol Sjabloon:Elementboks verdampwarm kjpmol Sjabloon:Elementboks warmtekap jpmolkteen25 Sjabloon:Elementboks dampdruk katpa Sjabloon:Elementboks afdeling atoomeiensk Sjabloon:Elementboks kristalstruktuur Sjabloon:Elementboks oksiedtoest Sjabloon:Elementboks elektroneg pauling Sjabloon:Elementboks ioonenergie2 Sjabloon:Elementboks atoomradius pm Sjabloon:Elementboks atoomradiusber pm Sjabloon:Elementboks kovalenteradius pm Sjabloon:Elementboks vanderwaalsradius pm Sjabloon:Elementboks afdeling diverse Sjabloon:Elementboks magneties Sjabloon:Elementboks eweerstand ohmmteen20 Sjabloon:Elementboks termiesegeleiding wpmkteen300k Sjabloon:Elementboks termieseuitsetting umpmkteen25 Sjabloon:Elementboks spoedvanklank staafmpsteen20 Sjabloon:Elementboks youngsemodulus gpa Sjabloon:Elementboks skuifmodulus gpa Sjabloon:Elementboks massamodulus gpa Sjabloon:Elementboks poissonverhouding Sjabloon:Elementboks mohsehardheid Sjabloon:Elementboks vickershardheid mpa Sjabloon:Elementboks brinellhardheid mpa Sjabloon:Elementboks cas nommer Sjabloon:Elementboks isotope begin Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope eindig Sjabloon:Elementboks voetskrif
Kwik, ook genoem kwiksilwer, is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Hg (van die latynse hidragirum wat waterige of vloeibare silwer beteken) en atoomgetal 80. Kwik is 'n swaar, silwerige d-blok metaal en een van ses elemente (die ander is broom, frankium, gallium, rubidium en sesium) wat 'n vloeistof by of naby kamertemperatuur en druk is.[1][2]
Voorkoms
Dit word hoofsaaklik verkry van die setting van sinnaber, 'n helderrooi mineraal, ook bekend as vermiljoen (HgS). Dit word hoofsaaklik in rotse in streke van vulkaniese aktiwiteit aangetref. In sommige vulkaniese gebiede vind die afsetting van sinnaber in warmwaterbronne vandag nog plaas. Die kwikafsetting by Monte Amiata in Toskane, Italië is 'n voorbeeld van een van die rykste bronne van kwik ter wêrerld.
Toksisiteit
Dit is uiters giftig wanneer die stof ingeasem word,[3] en kwikvergiftiging kan ook die gevolg wees van blootstelling aan oplosbare vorme (soos kwikchloried of metielkwik), die inaseming van kwikdampe of die eet van vis wat uit kwikbesmette water kom. Die geheue word aangetas deur die kwikdampe wat ingeasem word.
Eienskappe
Kwik is die enigste metaal wat 'n vloeistof by standaard temperatuur en druk is, met 'n smeltpunt van -38,83 °C en 'n kookpunt van 356,73 °C . Kwik los baie metale op (natrium, kalium, tin, koper, goud, silwer, ens.) om vloeibare allooie te vorm wat amalgame genoem word. Aangesien dit nie met yster amalgameer nie, word kwik in ysterhouers geberg.
Chemiese eienskappe
Kwik is in sy verbindings in twee oksidasietoestande bekend: 1+ en 2+
Dit reageer by langdurige verhitting in lug met suurstof en vorm oranjerooi kwik(II)oksied Sjabloon:Chem
Verhitting van die oksied bo 400°C doen dit weer ontleed.
Die kwikdampe kan weer gekondenseer word deur afkoeling. Hierdie reaksies het 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die chemie as wetenskap gespeel. Lavoisier het dit reeds in die 18de eeu gebruik om die samestelling van die atmosfeer en die chemie van verbrandingsreaksie te verduidelik.[4] Hy het die gevormde rooi poeier noukeurig versamel en geweeg. Na die onledingreaksie het hy ook die gevormde kwik geweeg en gewys dat dit ligter is. Dit was die begin van die ontwikkeling van die begrip van stoigiometrie wat chemie tot 'n regtige, kwantitatiewe wetenskap gemaak het.
Kwikoksied kan nogtans makliker verkry word deur 'n kwiksout, soos die sulfaat of die nitraat te gebruik.
Kwik reageer met salpetersuur onder vorming van Sjabloon:Chem-gas. Oormaat gekonsentreerde salpetersuur vorm kwik(II)nitraat (Sjabloon:Chem). Met 'n ondermaat verdunde suur word die kwik(I)nitraat (Sjabloon:Chem) verkry wat minder oplosbaar is en met basisse neerslae van geel nitraathihroksied gee. Die nitrate is gewoonlik die uitgangsmateriaal om ander kwiksoute te verkry.
- Sien ook Kategorie:Verbindings van kwik
Aanwending
Kwik word gebruik in termometers, barometers, manometers, sfigmomanometers, vlotterkleppe en wetenskaplike apparaat, dog het kommer oor die giftigheid van die element daartoe gelei het dat kwiktermometers en kwiksfigmomanometers in kliniese omgewings uitgefasseer word ten gunste van alkoholgevulde, digitale of termistorgebaseerde instrumente. Dit bly in gebruik in verskeie ander wetenskaplike navorsingstoepassings asook in amalgaammengsels wat gebruik word in tandheelkunde.
Dit word ook in beligting gebruik: elektrisiteit wat deur kwikdampe gelei word binne 'n fosforbuis maak kortgolf ultra-violet lig wat dan veroorsaak dat die fosfor fluoresseer wat sigbare lig skep.
Verwysings
Eksterne skakels
Sjabloon:Commons-kategorie inlyn Sjabloon:Wikt-inlyn