Litiumchloried

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Litiumchloried (Sjabloon:Chem) is 'n sout van litium en soutsuur. Dit het 'n skerp souterige smaak, is min toksies en het 'n rol as 'n antimaniese middel. Dit is baie oplosbaar in water en higroskopies. Dit vervloei en vorm hidrate.[1]

Hidrate en strukture

Litiumchloried self kristalliseer in die tafelsout-tipe struktuur. (Strukturbericht-klassifikasie B1). Daar is vier hidrate bekend:[2]

Chemiese eienskappe

Litiumchloried is in teenstelling tot die chloriede van natrium en kalium in alkohol oplosbaar.[3]

Vervaardiging

Litium word in die mynbou dikwels in die vorm van sleg oplosbare litiumkarbonaat verkry en dit kan maklik met soutsuur in die oplosbare chloried omgesit word:

Li2CO3(s)+2HCl(aq)CO2+2Li+(aq)+2Cl(aq)+H2O

Dit kan nogtans ook uit litiumhoudende pekel verkry word deur kalsiumchloried by te voeg en onsuiwerhede soos boor, magnesium en sulfate neer te slaan. Die pekel word drooggekook teen 101 °C en verhit tot 200 °C. Die neerslag uitgeloog met isopopanol. Verwydering van hierdie oplosmiddel lewer suiwer litiumchloried.[4]

Gebruike

Litiumchloried word gebruik vir die produksie van litiummetaal. 'n Mengsel van litium- en kaliumchloried wat smelt teen 450 °C word aan elektrolise onderwerp. Dit lewer die gesmelte metaal wat 99,5% suiwer is.[5]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Saadjie Sjabloon:Chloriede

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PC
  2. Sjabloon:Cite journal
  3. Sjabloon:Cite book
  4. Sjabloon:Cite web
  5. Sjabloon:Cite web