Litiumkobaltiet

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Litiumkobaltiet; IUPAC-naam litiumkobaltaat-III; ook litiumkobalt(III)oksied is 'n gemengde oksied van litium en kobalt met oksidasietoestand +3 en die formule Sjabloon:Chem.

Litiumkobaltiet is 'n vastestof met hoë smeltpunt en 'n gelaagde kristalstruktuur, wat tot die α-Sjabloon:Chem-tipe behoort. Die kobaltatome is in oktaëders van suurstofatome en vorm gelaaide lae met formule Sjabloon:Chem. Die struktuur is romboëdries met 'n ABCABC-drie-lae-volgorde. Tussen hierdie lae is 'n laag Sjabloon:Chem-ione wat die stof elektries neutraal maak.

Interkalasie

Die stof word baie as katode-materiaal in litiumioonbatterye aangewend. Die stof se besonder eienskappe berus op die moontlikheid om die litiumione te deïnterkaleer: amper die helfte van hulle kan verwyder word sonder groot wysiging van die kristalstruktuur. Die c-as van die kristalstruktuur word net effens anders.[1] Die interkalasie / deïnterkalasie – reaksie kan weergegee word as:

Li1CoO2Li1xCoO2+xLi++xe

Hierdie reaksie verteenwoordig 'n oksidasie van die oksied en die oksidasietoestand van kobalt styg van +3 na waardes groter as 3. Die gevormde oksied is 'n nie-stoigiometriese verbinding met 'n gemengde kobaltoksidasietoestand +3/+4.

Vervaardiging

Litiumkobaltiet kan by 'n temperatuur van 900 oC uit litiumkarbonaat en Sjabloon:Chem en suurstof vervaardig word:

6Li2CO3+4Co3O4+O212LiCoO2+6CO2

Die stof kan by kamertemperatuur gemaklik geoksideer word tot Sjabloon:Chem met Sjabloon:Chem, Sjabloon:Chem, Sjabloon:Chem of Sjabloon:Chem en behou sy romboedriese drie-lae-struktuur vir 0,54<x<1. Vir 0,46<x<0,54 word 'n struktuur met 'n monokliniese vervorming gevind. In die bereik 0,54<x<1 vind egter ook 'n subtiele wysiging plaas. Daar is twee weergawes van die romboedriese struktuur, een in die bereik 0,54<x<0,78 en 'n ander een in die bereik 0,94<x<1. Die bereik daartussen 0,79<x<0,94 is 'n tweefasegebied. Hierdie verskille hang saam met die elektroniese bandstruktuur van die materiaal. Die spintoestand van die Sjabloon:Chem-ioon wat deur oksidasie gevorm word verander van hoëspin vir 0,94<x<1 na laespin vir x<0,79. Dit veroorsaak wysigings in die elektriese en magnetiese eienskappe van die stof.[2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. High voltage ageing of LiCoO2 Sjabloon:Outeur Electrochemical Society Proceedings 2003–20 317ff
  2. Magnetism and structure of Sjabloon:Chem and comparison to Sjabloon:Chem Sjabloon:Outeur Phys Rev B 2008