Litiumoksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Litiumoksied (Li2O) is 'n anorganiese chemiese verbinding. Dit is 'n wit vaste stof. Alhoewel dit nie spesifiek belangrik is nie, word baie materiale beoordeel op grond van hul Li2O inhoud.

Kristalstruktuur

Die stof het die antifluorietstruktuur met litiumatome op die fluooratome se plek en suurstof op die kalsiumatome s'n. Die struktuur is kubies. Die stof is 'n diamagnetiese halfgeleier met 'n groot bandgaping (4,85 eV).[1] By hoër temperature (~1200K) gaan die stof oor in 'n fase met hoë ioniese beweeglikheid van die Sjabloon:Chem-ioon.[2]

Chemiese eienskappe

Litiumoksied kan verkry word deur litiumnitraat sterk te verhit:[3]

2LiNO3(s)hitteLi2O(s)+NO+NO2+O2

Dit los in water stadig op en vorm 'n sterk basis:

Li2O(s)+H2O(l)2LiOH(aq)2Li+(aq)+2OH(aq)

Batterye

Daar is in 2023 baie navorsing na litium-lugbatterye waarin litiumoksied 'n rol speel. Ongelukkig kan litium met suurstof ook ander oksiede vorm soos litiumsuperoksied Sjabloon:Chem en litiumperoksied Sjabloon:Chem en dit veroorsaak komplikasies soos 'n groot oorpotensiaal wat vereis word om kinetiese probleme te oorwin. Daar word gesoek na geskikte katalisators soos grafeen met iridiumoksied[4] of die heemmolekuul[5] om hierdie probleme te oorwin.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Chemiesaadjie Sjabloon:Oksiede Sjabloon:Normdata